Nuus 09:00
BULLETIN 2 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Beurtkrag is tot verdere kennisgewing opgeskort
# Nog ‘n beseerde SANW soldaat sterf in die hospitaal in die DRK
# En sokker: Pirates wen teen Kaiser Chiefs in ‘n opwindende Soweto-derby
# Eskom sê sy noodreserwes is genoegsaam aangevul, dus is beurtkrag tot verdere kennisgewing opgeskort . Eskom het hierdie naweek fase 3-beurtkrag ingestel weens ‘n tydelike terugslag, nadat daar vir langer as tien maande geen onderbrekings in die kragtoevoer was nie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena sê beurtkrag is vanoggend om 6-uur opgeskort en die kragvoorsiener sal opdaterings verskaf indien enige beduidende veranderings plaasvind:
# Die Suid-Afrikaans Nasionale Weermag het aangekondig dat nog ‘n soldaat in die hospitaal in Demokratiese Republiek die Kongo gister aan sy wonde beswyk het. Die totale aantal sterftes in die DRK staan nou op 14. SANW woordvoerder, Siphiwe Dlaminis sê die 14 soldate was deel van die weermag se kontingent van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-sending in die DRK. Hy sê die troepe het uitsonderlike dapperheid getoon gedurende hulle skermutselings met M23 rebelle wat hulle basis aangeval het:
# Intussen doen die IVP ‘n beroep vir blywende vrede tussen die twee lande. Die IVP sê alle pogings moet aangewend word om die gevegte te staak. Die DRK-Rwanda-M23-konflik is ‘n groot terugslag vir streeks- en kontinentale vrede, bestendigheid en ontwikkeling. Die IVP het bygevoeg die Suid-Afrikaanse soldate wat geserf het moet vereer word deur ‘n verbintenis en optrede tot vrede.
# Cosatu vra die Suid-Afrikaanse regering om te skakel met sy ewe-knie in Amerika om die status uit te klaar van die uitvoerende bevel oor die Herbeoordeling en Herbelyning van Buitelandse Bystand. Die sekretaris van Cosatu in KwaZulu-Natal, Edwin Mkhize sê die halsoorkop instelling van die opdrag veroorsaak pyn vir arm mense en neem nie werkers se voortbetaan in ag nie. Hy sê werkers is gestrand gelaat:
# Orlando Pirates het Kaizer Chiefs gistermiddag op die FNB-stadion met 1-0 geklop in ‘n opwindende Premierskap-kragmeting voor ‘n stampvol skare van 80-duisend toeskouers. Patrick Maswanganyi se selfversekerde strafskop in ekstra tyd het die Buccaneers drie punte sowel as die spogregte in die Soweto-derby besorg. Hierdie oorwinning beteken Pirates het nou die gaping wat die voorlopers, Mamelodi Sundowns, gehad het tot op drie punte verklein met Kaiser Chiefs wat steeds vyfde is ná gister se nederlaag.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….