Nuus 09:00
BULLETIN 28 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa bekragtig die Wet op die Behoud en Ontwikkeling van Landbougrond
# Die DA steun nie enige verdere mega-reddingsboeie vir staatsondernemings soos Transnet nie
# En, sokker: Bafana Bafana sit met ‘n taai trekking vir Afcon
# President Cyril Ramaphosa het die Wetsontwerp op die Behoud en Ontwikkeling van Landbougrond bekragtig, wat ‘n beleids- en reguleringsraamwerk uiteensit vir die behoud en ontwikkeling van landbougrond. Die Presidensie sê die wet wil landbougrond beskerm en die produktiewe gebruik daarvan behou om te verseker dat landbougrond beskikbaar is vir die ontwikkeling van die landbousektor. Ramaphosa se woordvoerder Vincent Magwenya sê die wetgewing versterk ook Suid-Afrika se pogings om te verseker dat landbougrond langtermyn voedselproduksie te steun:
# Die DA sê hy is ontsteld omdat dit lyk of die ANC beleidmaking in die regering van nasionale eenheid ondermyn, deur vol te hou dat Transnet ‘n aansienlike reddingsboei moet kry. Die ANC se ekonomiese transformasiekomitee wil hê Transnet moet fiskale steun kry in die begroting in Februarie, soortgelyk aan Eskom se 354-miljard-rand verligtingspakket in 2023. Mark Burke van die DA sê dit is tyd vir die onmiddellike devolusie van Transnet se operasionale komponente, sowel as ingrypende en verreikende hervorming wat privaat sektorkompetisie inbring:
# Suid-Afrika se Raad van Gesondheidsfinansiers gaan vandag hof toe om die Raad vir Mediese Skemas te verplig om laekoste-voordeelkeuses toe te laat. Hierdie bekostigbare mediesefondsplanne verskaf noodsaaklike gesondheidsorgdienste, maar ondervind vertragings weens die regering se fokus op die Nasionale Gesondheidsversekeringskema. Volgens ‘n Business Tech-verslag, voer die raad aan die Laekoste-voordeel-keuses kan onmiddellik ingestel word en miljoene Suid-Afrikaners bevoordeel. Die raad hou egter vol die vertragings stem ooreen met langtermyn-NGV-doelwitte.
# Meer as 40 Putco-busse is Maandagaand by vier depots in Mpumalanga aan die brand gesteek in ‘n vermeende aanval van brandstigting. Volgens aanvanklike berigte het ʼn onbekende groep aanvallers sekerheidswagte by die Moloto-depot in ʼn lokval gelei en vasgebind voor hulle die busse aan die brand gesteek en skote in die depot afgevuur het. Putco se woordvoerder, Lindokuhle Xulu, sê twee werkers is beseer. Een is in die been geskiet en die ander met ʼn stoel oor die kop geslaan:
# Sokker: Bafana Bafana is in Groep B gekies saam met die rekord sewemalige kampioene Egipte vir die 2025 CAF Afrikanasiesbeker in Marokko. Die houers van die titel, Ivoorkus, kom te staan teen die vyfmalige wenners Kameroen, Gabon en Mosambiek in Groep F. Die gashere Marokko kom op 21 Desember in die aanvangswedstryd van die toernooi, waaraan 24 spanne deelneem, te staan teen die Comoro-eilandgroep. Bafana Bafana se hulpafrigter Helman Mkhalele sê hulle het in ‘n moeilike groep beland:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-85-sent teen die dollar, 19-rand-66-sent teen die euro en 23-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-667-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-740-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 76-dollar-41-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….