Nuus 09:00
BULLETIN 27 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Ramokgopa sê die Onteieningswet is ‘n positiewe stap vir ruimtelike transformasie
# Die hof hoor Jacob Zuma en die MK-party se saak oor die SABC se gebruik van die term RNE
# En Trump stel ’n 25%-tariefverhoging en ’n reisverbod in teen Colombië
Die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê die Onteieningswet is ‘n onmiskenbare stap in Suid-Afrika se ruimtelike transformasie. Die nuwe wet bepaal die staat se prosedure vir die onteiening van eiendom in openbare belang. Die ministerie se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê die wet sal help met die inwerkingstelling van die Raamwerk vir Ruimtelike Ontwikkeling deur sy wetgewing wat bepaal hoe eiendom vir openbare belang onteien sal word.
# Die Hooggeregshof in Johannesburg is sal na verwagting vandag die gewese president Jacob Zuma en die MK-Party se aansoek teen die SABC se gebruik van die term ‘regering van nasionale eenheid’ aanhoor. Zuma en die MK-party het in hofdokumente gesê die SABC is ‘n statutêre instelling en moet nié die ANC se voorbeeld volg wanneer hy die sewende administrasie verkeerdelik die RNE noem nie. Zuma en die MK-party eis dat die hof die SABC se optrede onder meer as ongrondwetlik en onregmatig verklaar.
# Die GOOD Party sê dit is onaanvaarbaar dat die inwoners van Kaapstad moet betaal vir ‘n ondersoek oor tenderbedrog, of vir die koste betreffende die burgemeesterskomiteelede JP Smith en Xanthia Limberg. Dit volg op die polisieklopjag op hul kantore Vrydag, skynbaar as deel van die Valke se ondersoek na twyfelagtige behuisingstenders van een-miljard-rand. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hulle eis deursigtigheid en rekenskap oor die metro se finansiële en regsbetrokkenheid by die saak:
# President Donald Trump van Amerika sê hy het die ministerie van handel opdrag gegee om tariewe op Amerikaanse invoere na Colombië met 25-persent te verhoog, wat binne ‘n week tot 50-persent sal verhoog. Dit volg nadat Colombië se president, Gustavo Petro, twee Amerikaanse weermagvliegtuie met gedeporteerde Colombiane verbied het om in sy land neer te stryk. Trump sê Amerika sal ook ʼn reisverbod instel en visums van Colombiaanse staatsamptenare, asook hul bondgenote en ondersteuners, kanselleer. Petro sê hy sal uit weerwraak ‘n 25-persent-tariefverhoging teen Amerika instel.
# Krieket: Die Joburg Super Kings het ʼn oortuigende oorwinning van nege paaltjies en ʼn bonuspunt oor die verdedigende kampioene, Sunrisers Eastern Cape, behaal in die SA20 op die Wanderers. Snelboulers Lutho Sipamla en Hardus Viljoen het die Sunrisers se kolforde verpletter en die besoekers was op 118 almal uit. In antwoord daarop het Devon Conway ʼn onoorwonne 76 aangeteken toe hy die Super Kings na ʼn oorwinning gelei het met 36 balle oor. Die Super Kings se kaptein, Faf du Plessis, was vol lof vir Sipamla:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-51-sent teen die dollar, 19-rand-37-sent teen die euro en 23-rand-5-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 100-502-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-756-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….