Nuus 09:00
BULLETIN 24 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sê geskiedenis is gemaak met die ondertekening van die Onteieningswetsontwerp
# Die Polisie arresteer die meisie van ‘n kinderpornografie-verdagte van Midrand
# En ‘n regter keer Trump se nuwe uitvoerende bevel oor geboortereg-burgerskap
# ActionSA sê hy oorweeg regsoptrede in reaksie op president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Wetsontwerp op Onteiening. Die wet herroep die Wet op Onteiening van 1975 wat van voor die demokraties era dateer. Dit bepaal hoe staatsinstellings vir verskeie redes grond kan onteien in openbare belang. Matthew George van ActionSA sê doeltreffende grondonteiening is bereikbaar binne bestaande wetgewing en regulatoriese raamwerke, maar dit benodig toegewyde politieke leierskap wat verbind is tot regverdige verspreiding van eienaarskap:
Die GOOD-party verwelkom intussen president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Wetsontwerp en sê dit het nou tyd geword om grondhervorming te versnel. Die sekretaris-generaal van GOOD-party, Brett Herron, sê grondonteiening in gepaste omstandighede is een van die instrumente tot die beskikking van die staat om grondhervorming te bespoedig:
# Die Nasionale Onderwys, Gesondheid en Verwantewerkersvakbond, Nehawu, verwelkom die Arbeidshof se uitspraak wat die arbitrasietoekenning in die saak van gemeenskapsgesondheidswerkers tersyde stel. Die hof het die arbitrasietoekenning hersien wat teen die vakbond se aansoek ingebring is om die Departement van Gesondheid te dwing om gemeenskapswerkers permanent aan te stel. Die werkers is tans op herhalende vastetermynkontrakte aangestel. Nehawu sê hy sal steeds veg vir die permanente opname van alle gemeenskapswerkers met volle werknemersvoordele wat ander staatsamptenare geniet.
# ‘n Spaanse hof het beslis ‘n enkelma het die reg op die ouerskapsverlof wat ‘n lewensmaat sou kry indien sy een gehad het, en haar verlof is effektief verdubbel. Die ongeïdentifiseerde vrou het gevra om die ouerskapsverlof van 16 weke te kry wat aan ‘n lewensmaat toegestaan sou word, bo en behalwe die 16 weke waarop sy geregtig is, nadat sy in Januarie 2022 in die suidoostelike streek van Murcia geboorte geskenk het. Maatskaplike dienste het haar versoek verwerp en sy het toe die howe genader. Die Hooggeregshof in Murcia het in haar guns beslis.
# Sokker: Manchester United het hul kans om outomaties vir die laaste 16 van die Europa-liga te kwalifiseer ‘n hupstoot gegee met hulle 2-1-oorwinning oor Rangers. Rangers se doelwagter, Jack Butland, het ʼn doel geskop voordat plaasvervanger Cyril Dessers die telling vir die Skotse klub gelykop gemaak het. United se kaptein, Bruno Fernandes, het egter in die 92ste minuut die wendoel aangeteken. Hoffenheim het intussen Tottenham Hotspur met 3-2 verslaan wat hulle in ʼn sterk posisie plaas om outomaties die uitklopronde te haal. United se bestuurder, Ruben Amorim, sê egter daar steeds ruimte vir verbetering:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-41-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 22-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-254-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-774-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….