Nuus 09:00
BULLETIN 23 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF beskuldig minister Macpherson dat hy Nasionale Tesourie-regulasies oortree het
# Die MK-party verwelkom twee nuwe lede in die Parlement
# En minister Motshekga is in die DRK om die Weermag-personeel te beoordeel
# Die EFF sê die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson moet rekenskap gee van sy inmenging by die Onafhanklike Ontwikkelingstrust. Die party het ‘n strafregtelike saak teen die minister oor korrupsie aanhangig gemaak. Dit spruit voort uit ‘n e-pos van Desember 2024 waarin Macpherson na bewering ‘n programbestuurder by die trust opdrag gegee het om betalings aan Lonerock Construction te fasiliteer. Marshall Dlamini van die EFF het aan Newzroom Afrika gesê die opdrag kan ‘n oortreding van Nasionale Tesourie-regulasies wees:
# Die MK-party het Colleen Makhubele en kroonprins Adil Nchabeleng as lede van die Nasionale Vergadering aangewys en hulle word volgende Dinsdag ingesweer. Die party het 58 setels in die Nasionale Vergadering. MK sê die twee se taak is om die visie van radikale maatskaplik-ekonomiese transformasie te bevorder, beleid wat grond-onteiening sonder vergoeding aanspreek ‘n prioriteit te maak; en die bemagtiging van die jeug en energiesekerheid bevorder. Hy sê die teenwoordigheid van Makhubele en Nchabeleng in die Parlement sal die stemme van die armes versterk.
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane het hom verbind tot die knellende probleem van werklose dokters in die provinsie. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê 450 dokters wat gemeenskapsdiens voltooi het, is werkloos wat die gebrek aan strategie by die nasionale Departement van Gesondheid ontbloot om hulle te behou. Net in die Oos-Kaap is 150 dokters werkloos met sommige wat meer as ‘n jaar wag om uitgeplaas te word. Mabuyane sê hoewel die provinsiale Departement van Gesondheid die behoefte aan meer dokters erken, staar hy begrotingstekorte in die gesig:
# Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, is op besoek aan die Demokratiese Republiek, die Kongo. Die reis is deel van die deurlopende missie om die welsyn en belange van Suid-Afrikaanse soldate te bevorder in ooreenstemming met haar beginsel van “soldaat eerste”. Motshekga wil bilaterale verhouding tussen Suid-Afrika en die DRK versterk en die operasionele toestande en welsyn van personeel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat ontplooi is, evalueer. Die Rwanda-gesteunde M23 is van tot tyd tot tyd in gevegte betrokke en beheer groot dele in die ooste van die DRK.
# Sokker: Die verdedigende kampioene, Real Madrid, het Red Bull Salzburg met vyf-een verpletter en kort een punt om outomaties te kwalifiseer vir die Kampioeneliga se laaste 16. Paris Saint-Germain het in die tweede helfte teruggeveg nadat hulle twee doele agter was. Hulle het Manchester City uiteindelik met vier-twee geklop. Die nederlaag beteken dat Pep Guardiola se span dalk uitgeskakel kan word. Arsenal se plek in die laaste 16 is so te sê verseker nadat hulle Dinamo Zagreb gemaklik met drie-nul verslaan het. Guardiola sê die beste span het gewen:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-49-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 22-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 101-duisend-828-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-753-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….