Nuus 09:00
BULLETIN 13 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbalula word gekritiseer omdat hy met ‘n luukse seiljag by Robbeneiland aankom
# Vyf polisiebeamptes is sedert die begin van die jaar in die uitvoering van hul plig dood
# En die dodetal in Los Angeles styg tot 24
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, word gekritiseer nadat hy by Robbeneiland opgedaag het op ‘n luukse seiljag wat aan die sakeman, Fernando Acafrao, behoort. Die voorval het Woensdag plaasgevind in aanloop tot die ANC se 113de verjaarsdagviering wat Saterdag in Khayelitsha gehou is. Ander ANC-leiers het die Robbeneiland-museum se veerboot, Sikhululekile, gebruik terwyl president Cyril Ramaphosa weens sekuriteitsredes met ʼn helikopter vervoer is. Acafrao het volgens berigte talle regeringskontrakte van miljoene rand gekry.
# Die waarnemende Nasionale Polisie-kommissaris, Tebello Mosikili, het die voortgesette moord op polisiebeamptes veroordeel. In die jongste voorval is die 32-jarige konstabel Ayanda Moyikwa in Mfuleni by Kaapstad doodgeskiet terwyl hy werk toe gestap het. Hy is van sy selfoon en beursie beroof. Altesaam vyf beamptes is sedert 1 Januarie vermoor terwyl hulle aan diens was. Mosikili sê die voortgesette aanvalle op polisiebeamptes is onaanvaarbaar:
# Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Jackie Macie, het kommer uitgespreek oor voetgangersterftes. Drie voetgangers, insluitend twee kinders, is dood toe ʼn motorbestuurder Sondagoggend in vyf voetgangers op die D2945-pad vasgejaag het. Die tragedie volg twee weke nadat twee mense dood is toe ʼn motoris agt voetgangers op die N4-tolpad tussen Tenbosch en Komatipoort getref het. Die LUR se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê ondersoek word ingestel na Sondag se voorval:
# Die bevestigde dodetal in die wegholbrande regdeur Los Angeles het tot 24 gestyg. Sestien van die slagoffers het in die Eaton-gebied gesterf, terwyl agt in die grootste brand ooit in die Palisades-gebied dood is. Slegs 11-persent van die Palisades-brand is sover in bedwang gebring. Die brandweerhoof van Los Angeles, Anthony Marrone, waarsku dat die Santa Ana-winde wat weer dié week verwag word, tot rampspoedige toestande kan lei, met brande wat oor die hele Los Angeles-gebied kan voorkom:
# Gholf: Die Ryderbeker-kaptein, Luke Donald, sê die Span-beker was waardevolle voorbereiding vir die verdediging van Europa se Ryder-beker by Bethpage in September. Tommy Fleetwood het die wenpunt aangeteken toe Groot-Brittanje en Ierland Sondag ʼn oortuigende 17-8-sege oor Vasteland Europa behaal het by die Abu Dhabi-gholfklub. Donald, wat Europa in 2023 in Italië tot ʼn oortuigende oorwinning gelei het om die Ryderbeker te wen, sê die Span-beker was veral vir jong spelers ʼn leerervaring.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-14-sent teen die dollar, 19-rand-54-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-624-dollar-6-sent. Die prys van goud is twee-duisend-87-dollar-7-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….