Nuus 09:00
BULLETIN 12 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC-president, Cyril Ramaphosa waarsku korrupte lede sal uit ANC verwyder word
# SADAG vra die matrieks om kalm te bly voor die bekendmaking van hul uitslae
# En Rugby: Die Bulle se hoop op uitspeelwedstryde is aan skerwe en Toulouse leer die Haaie ‘n rugbyles
# Die ANC-president, Cyril Ramaphosa het gewaarsku korrupte lede en afpersers in die party loop gevaar om geskors te word en het beklemtoon die ANC staar ‘n eksistensiële krisis in die gesig. Ramaphosa het gister die 8 Januarie-verklaring in Khayelitsha in die Wes-Kaap gelewer. Hy het 2025 as ‘n jaar van hernuwing verklaar, met die fokus op die versterking van ANC-takke, die verbetering van bestuur en die implementering van gevolgebestuur. Hy het ook klem gelê op pogings om te herbou en aanspreeklikheid van leierskap te verbeter:
Intussen is ‘n Politieke ontleder, Ntsikelelo Breakfast, is skepties oor die ANC se hernuwing nadat Ramaphosa 2025 verklaar het as die jaar van hernuwing. Breakfast het in gesprek met Newzroom Afrika die ANC gekritiseer omdat hy staatmaak op geskiedkundige gebeure om sy invloed te behou. Hy het die party aangemoedig om interne uitdagings soos korrupsie aan te spreek, en onderduimse politieke spel te vermy:
# Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep het ‘n beroep op die matrieks van 2024 gedoen om kalm te bly voor die bekendmaking van die Nasionale Senior Sertifikaat-uitslae vandeesweek. Roshni Parbhoo-Seetha van Sadag sê hulle ondervind ‘n toename in oproepe van matrieks wat angstig is oor hul uitslae. Sy sê die organisasie hanteer daagliks ongeveer tweeduisend oproepe:
# Byna een-duisend mans en vroue in tronke is ontplooy om die hewige veldbrande in die suide van Kalifornië te help beveg. Die gevangenes vorm deel van ‘n voortgesette vrywilligersprogram deur Kalifornië se Departement van Korrektiewe Dienste en Rehabilitasie. Hulle kom uit 35 kampe in minimum-sekerheidsfasiliteite, waar gevangenes hul straf uitdien maar ook opleiding ontvang. Twee van die kampe is net vir vroue. Die program het in 1946 ontstaan, maar daar is uiteenlopende menings daaroor. Kritici beskou dit as uitbuiting, maar ondersteuners meen dis ‘n goeie vorm van rehabilitasie.
# En rugby: Die Bulle se hoop om deur te dring na die uitspeelrondes van die Kampioenebeker lê aan skerwe nadat die Franse span Castres hulle met 49-10 geklop het. Hierdie is die vierde agtereenvolgende nederlaag vir Jake White se span – drie in die Kampioenebeker en die wedstryd teen die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskap, en hulle is steeds sonder punte op die punteleer. Intussen het die verdedigende Kampioenebeker-kampioene, Toulouse, die Haaie in Durban laat les opsê. Die Franse het met die Durbanse toestande gesukkel, maar steeds ‘n maklike oorwinning van 20-8 oor die Haaie behaal.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….