Nuus 09:00
BULLETIN 11 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die politieke ontleder Sandile Swana glo die ANC is tot niet
# Ses mense is doodgeskiet by ‘n taverne in Pienaar, Mpumalanga
# En krieket, Durban’s Super Giants maak groot terugkeer en klop Pretoria Capitals in SA20
# Die politieke ontleder Sandile Swana sê die ANC is in die asblik van die geskiedenis solank mense soos onder andere president Cyril Ramaphosa en sekretaris-generaal Fikile Mbalula in beheer is. Ramaphosa lewer vandag die ANC se 8 Januarie-verklaring in Khayelitsha in Kaapstad, as deel van die party se 113de verjaardagvieringe. Swana het aan die SABC gesê die ANC se hernuwingsprogram is ‘n mors van tyd:
# Politieke ontleder Dale McKinley sê die ANC het ‘n vars boodskap dringend nodig om voormalige ondersteuners, veral in die Wes-Kaap, terug te wen. Die ANC-president Cyril Ramaphosa lewer vandag die 8 Januarie-verklaring in Khayelitsha in Kaapstad. McKinley het in gesprek met Newzroom Afrika die party aangemoedig om duidelike strategieë voor te lê wat hul verbind tot die lewensverbetering van landsburgers en die herstel van vertroue:
# Ses mense waaronder vyf mans en ‘n vrou, is vanoggend in die vroeë oggendure by ‘n taverne in die Pienaar-township in Mpumalanga doodgeskiet. Ses ander is gewond. Die polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur om die motief vir die aanval te bepaal. Die polisie doen ‘n beroep op mense om na vore te kom met inligting wat in die voortgesette ondersoek kan help.
# Kalifornië se goewerneur, Gavin Newsom, het ‘n onafhanklike ondersoek gelas na redes waarom daar geen waterdruk is sommige brandkrane was nie, tydens van veelvuldige veldbrande in Los Angeles. Die dodetal het intussen tot elf gestyg met meer as tienduisend strukture wat vernietig is. Newsom sê hy het staatswater- en brandbestrydingsbeamptes opdrag gegee om ‘n onafhanklike verslag oor die voorval saam te stel, wat verduidelik waarom daar ‘n verlies aan waterdruk en geen water was om brande, veral in Pacific Palisades te bestry nie.
# Krieket: Verlede jaar se naaswenners, Durban’s Super Giants, het hulle SA20-veldtog goed begin en die Pretoria Capitals met twee lopies op Kingsmead in Durban geklop. Kane Williamson het ‘n onoorwonne 60 aangeteken met die tuisspan wat 209 vir vier in hul 20 boulbeurte aangeteken het. In reaksie hierop het die Capitals lopies gejaag met ‘n openingsvennootskap van 154 lopies tussen Rahmanullah Gurbaz en Will Jacks. Hulle het egter vyf paaltjies vir 38 lopies verloor. Giants se kaptein, Kesh Maharaj, was beïndruk met die span se kolfvertoning:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….