Nuus 09:00
BULLETIN 22 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party veroordeel minister Ramokgopa se afstanddoening van pligte
# Die Madlanga-ondersoek is die laaste kans om die strafregstelsel te red
# En Erik Menendez se parool geweier dekades nadat hy sy ouers vermoor het
# Die MK-party sê hy het aan die Parlement geskryf en eis dat die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, gedaag word om rekenskap te gee van haar ministerie se afstanddoening van grondwetlike verantwoordelikhede. Die party sê die minister probeer om aanspreeklikheid vir die Nasionale Dialoog op die Nasionale Ekonomiese Ontwikkeling- en Arbeidsraad en ‘n inter-ministeriële komitee af te skuif. Die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê minister Ramokgopa moet die nasionale dialoog se volledige koste tot op hede bekendmaak:
# Die Activists and Citizens Forum sê die Madlanga Regterlike Kommissie en die Parlement se ad-hoc-komitee is die laaste kans om die strafregstelsel van misdadige infiltrasie te red. Die forum het belowe om alle openbare verhore wat op 1 September in Pretoria begin noukeurig te monitor. Dennis Bloem van die forum waarsku enigiemand wat weer probeer om die stelsel te kaap, moet blootgestel en aanspreeklik gehou word:
# Die ANC in Kaapstad is ernstig gefrustreerd met hoe die virtuele raadsvergadering Donderdag verloop het. In hierdie vergadering het die GOOD Party ‘n mosie van wantroue in die speaker, Felicity Purchase, ter tafel gelê. Die mosie is nie aanvaar nie. Daar was 37 stemme ten gunste, 125 daarteen en twee wat buite stemming gebly het. Charlotte Heynes van die ANC sê die vergadering is ontwrig deur aanhoudende tegniese probleme wat die werk van die raadslede en demokratiese proses verhinder het:
# ʼn Kaliforniese paroolraad het parool geweier aan Erik Menendez wat al byna 30 jaar agter tralies is. Hy en sy broer, Lyle, is in 1989 skuldig bevind aan moord op hulle ouers in Beverly Hills. Hulle was op daardie stadium 18 en 21. Die raad sê Erik Menendez is gegewe sy misdaadgeskiedenis as tiener en die wreedheid van die moorde, steeds ʼn gevaar vir die samelewing. Hy kan oor drie jaar weer aansoek doen vir parool. Sy broer se parool-verhoor vind vandag plaas.
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het ʼn voorlopige groep van 48 aangekondig om Nigerië en Lesotho volgende maand te takel in twee 2026 FIFA-kwalifiserende wedstryde. Die middelveldspeler Sipho Mbule is een van 13 Orlando Pirates-spelers in die groep wat ook tien insluitend Ronwen Williams en Fawaaz Basadien, insluit. Bongouhle Hlongwane wat tans oorsee vir Minnesota United speel, is ook in die groep. Bafana Bafana loop ná ses Wêreldbeker-kwalifiseerwedstryde met 13 punte voor in Groep C.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-53-sent teen die euro en 23-rand-74-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-067-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-329-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-7-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….