Nuus 09:00
BULLETIN 9 Januarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA wil hê die matriekslaagsyfer moet tot 50-persent verhoog word
# COPE is vasbeslote om homself te herbou en nasionaal te groei
# En die Wêreld Ekonomiese Forum sê die globale arbeidsmark sal ontwrig word teen 2030
# Build One South Africa het met ‘n petisie begin wat die minister van Basiese Onderwys Siviwe Gwarube aanmoedig om die minimum matriek slaagsyfer van 30-persent te skrap en dit te verhoog na 50-persent. Die petisie betoog dat ‘n 30-persent slaagsyfer vir vakke op matriekvlak die intellek van Suid-Afrika se jeug ondermyn, en die vaslegging toelaat van middelmatigheid en lae verwagtinge. Die waarnemende woordvoerder van BOSA, Rogers Solomons, sê ‘n lae 30-persent slaagsyfer skaad leerders, die onderwysstelsel, en oor die langtermyn, die ekonomie:
# COPE sê hy is vasberade om homself weer op te bou as ‘n mag vir positiewe verandering, gelei deur aanspreeklikheid, integriteit, diensbeginsels en die belangrikheid van nasiebou. Die party het swak gevaar in die 2024 algemene verkiesing en kon nasionaal net 30-duisend-968 stemme wen. COPE sê die kongres nasionale komitee, die hoogste besluitnemingsgesag tussen kongresse, sal binnekort ‘n 2025 waterskeidingspolitieke-program vrystel wat voortbou op die werk wat verlede jaar gedoen is.
# Die MK-party het twee lede geskors nadat hulle onregmatig die verkeerde kandidaat geregistreer het vir die tussenverkiesing in Msunduzi Wyk 2 in die Mgungundlovu-streek in KwaZulu-Natal. Die betrokke kandidaat is ook geskors omdat hy die nominasie aanvaar het, al het hy die interne verkiesing verloor. Sipho Tyira van MK sê die nasionale tugkomitee sal nou voortgaan met ‘n ondersoek teen die lede wat betrek word:
# Die Wêreld Ekonomiese Forum se Future of Jobs Report 2025 voorspel 22-persent van die wêreldwye werksgeleenthede sal teen 2030 ontwrig word. Volgens die verslag sal 170-miljoen nuwe rolle geskep en 92-miljoen oorgedra word, vir ‘n netto wins van 78-miljoen poste. Volgens die verslag is kunsmatige intelligensie, demografiese verskuiwings en ekonomiese druk sleutelontwrigters, wat die aanvraag na beide tegnologie en mensgesentreerde vaardighede dryf. Die verslag meen ook heropleiding is kritieke belangrik, aangesien 60-persent van werkers nuwe en verbeterde vaardighede moet aanleer. Die verslag versoek dringende samewerking tussen regerings, ondernemings en opvoeders om die toekoms van die arbeidsmag te verseker.
# Sokker: Die 18-jarige Lucas Bergvall het in die 86ste minuut ‘n doel aangeteken om Tottenham Hotspur Liverpool met een-nul te laat klop in die eerste been van hulle Carabaobeker halfeindstryd. Die doel word as omstrede beskou nadat Liverpool appelleer het vir vuilspel en ‘n moontlike tweede geelkaart toe Bergvall teen Kostas Tsimikas ingeseil het ‘n paar minute voor hy die wendoel behaal het. Die skeidsregter Stuart Attwell het spel laat voortgaan en later besluit om die Spurs-tiener nie te straf nie. Liverpool se kaptein Virgil van Dijk sê Attwell het ‘n fout gemaak:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-92-sent teen die dollar, 19-rand-50-sent teen die euro en 23-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 93-duisend-781-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-658-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 75-dollar-81-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….