Nuus 09:00
BULLETIN 26 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Meer as 570 Kersbabas in Suid-Afrika verwelkom
# Die president van Oekraïne Volodymyr Zelensky veroordeel die Kersdagaanval deur Rusland
# En, rugby: Verenigde Rugbykampioenskap-aksie begin vandag in Newport
# Die Departement van Gesondheid vier die veilige aankoms van meer as 570 babas, onder wie ses tweelinge, op Kerdag in gesondheidsfasiliteite landwyd. Die eerste baba het presies om middernag aangekom by die Osindisweni-hospitaal in KwaZulu-Natal. Baie van die nuwe mammas is tieners, onder wie ‘n 13-jarige in Limpopo en verskeie 15-jariges in KwaZulu-Natal. Die departement loof die vroedvroue vir hulle toewyding en moedig ma’s aan om immunisering, borsvoeding en noodsaaklike sorg vir pasgeborenes voorop te stel. Hy plaas klem op die eerste een-duisend dae vir gesonde kinderontwikkkeling.
Die adjunkminister van Binnelandse Sake Njabulo Nzuza het intussen planne herhaal om geboorteregistrasies digitaal te maak. Tydens ‘n besoek aan Tembisa-hospitaal gister het Nzuza gesê die projek wil meer as 350-miljoen papierrekords oorskakel na digitale formaat teen 2025/2026. Nzuza het die modernisering en die behoud van belangrike rekords benadruk, met Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap wat die grootste argiewe het:
En is Guateng het die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, ‘n beroep op ouers gedoen om hulle kinders te laat inent. Terwyl sy Kersbabas by die Tembisa-hospitaal verwelkom het, het sy die rol onderstreep wat inentings speel in die voorkoming van siektes soos masels, polio en Duitse masels. Die LUR het ouers herinner dat tydige inenting indiwiduele kinders beskerm en openbare gesondheid oor die algemeen versterk deur immuunstelsels in staat te stel om infeksies doeltreffend te beveg:
# Die president van Oekraïne Volodymyr Zelensky sê Rusland het ‘n bewuste besluit geneem deur op Kersdag ‘n groot aanval op sy land se energiereserwes uit te voer. Oekraïne se lugmag sê hy het 184 missiele en hommeltuie opgespoor, maar baie daarvan is afgeskiet of het hulle teikens gemis. Rusland se verdediging het die aanval bevestig, wat kragonderbrekings reg oor die land veroorsaak het, insluitend in die hoofstad Kiëf. Dit was die 13de groot aanval op Oekraïne se energiesektor dié jaar. In September het Zelensky gesê 80-persent van Oekraïne se energie-infrastruktuur is verwoes deur Russiese bomme.
# En, rugby: Die negende ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap begin reeds vandag wanneer Dragons in Newport, Wallis, gasheer is vir Cardiff. Die Ierse spanne Munster en Leinster pak mekaar môre in Limerick. Saterdag kom die Stormers en die Haaie teen mekaar te staan in ‘n kus-derbie in Kaapstad, terwyl die Bulle en die Leeus uitspan vir Kersfees. Die Bulle is tans derde op die punteleer na Leinster en die verdedigende kampioen, Glasgow Warriors. Die Haaie is vierde, die Leeus sewende en die Stormers 13de.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….