Nuus 09:00
BULLETIN 23 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Polisie lig die vordering uit van die veiliger feestydoperasies
# Die ANC gebruik sy 113de verjaardag om sy basis in die Wes-Kaap te versterk
# En, Tien familielede sterf in ‘n vliegongeluk in Brasilië
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu het landwye pogings geloof om veiligheid tydens die feestyd te verseker. Meer as twee-duisend-699 nuwe polisiekonstabels het by die operasies aangesluit, met 526 wat in die Oos-Kaap ontplooi is. Sedert Oktober is meer as 13-duisend-679 verdagtes aangekeer, 351 vuurwapens is in beslag geneem en 298 gesteelde voertuie is herwin. Mchunu is bekommerd oor versekeringsverwante moorde, en moedig die gemeenskap aan om waaksaam te wees en saam te werk. Hy beklemtoon voortgesette pogings om misdaad te bestry:
# Die ANC sê sy 113de verjaardag, wat op die elfde Januarie in Khayelitsha, Kaapstad gevier word, sal die party se verbintenis met die mense van die provinsie versterk. President Cyril Ramaphosa sal ook op 8 Januarie die party se verklaring lewer. Die ANC het in 2009 beheer in die Wes-Kaap aan die DA afgestaan en sukkel sedertdien om beter steun in die provinsie te kry. Die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party sal 8 Januarie se verklaring gebruik om te besin oor sy prestasies en bevestig ook sy verbintenis om armoede, werkloosheid en ongelykheid te bekamp.
# Die Grensbestuursowerheid sê sy operasie Hi Tivise sal help om misdadige optrede soos mensehandel en smokkelary van ander lande na Suid-Afrika te bekamp. Die operasie is onlangs van stapel gestuur om burgers te mobiliseer om hul plig na te kom om verdagte misdadige optrede by alle toegangspunte na Suid-Afrika aan te meld. Die kommissaris van die owerheid, Michael Masiapato, sê hulle is daartoe verbind om regoor die land bedrywighede wat met korrupsie verband hou, stop te sit:
# Tien lede van ‘n familie is dood toe ‘n ligte vliegtuig in die suide van die stad Gramado in Brasilië neergestort het. Sewentien mense op die grond is beseer toe die vliegtuig tydens sy val ‘n gebou, ‘n skoorsteen, ‘n winkel en ‘n huis getref het. Sewentien mense op die gronde is ook beseer. Die Brasiliaanse sakeman Luiz Galeazzi was met sy familie na Jundiaí in die staat São Paolo onderweg. Amptenare sê die vliegtuig het in gure weer opgestyg. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
# Sokker: Liverpool het vier punte opgeskuif op die Premierliga-punteleer, nadat hy Tottenham Hotspur met ses-drie geklop het. Mohamed Salah en Luis Diaz het twee doele elk aangeteken, met Dominik Szoboszlai en Alexis Mac Allister wat ook vir die Reds in die kol was. Salah het in 373 wedstryde vir Liverpool reeds 229 doele aangeteken. Dit plaas hom vierde op die lys van die klub se beste doelskieters ooit. Liverpool se bestuurder, Arne Slot, was tevrede met die span se algehele prestasie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-28-sent teen die dollar, 19X-rand-8-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-64-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-627-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-87-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….