Nuus 09:00
BULLETIN 18 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement se tydelike struktuur sal gereed wees vir die Staatsrede
# ‘n Fedsas-verslag beklemtoon die dringende behoefte aan openbare skole
# En lugpatrollies sal Tafelberg veilig hou oor die feestyd
# Die direkteur-generaal van die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sifiso Mdakane, sê planne om die Parlement te voorsien van ‘n nuwe tydelike tuiste begin vorm aanneem. Hy het gister die perseel vir die koepel-installering amptelik oorhandig aan die kontrakteur in Kaapstad. Die koepel sal die volgende 24 maande die Parlement se tydelike tuiste wees, terwyl die Parlement herbou word na die brand twee jaar gelede. Mdakane sê dit sal 24 dae neem om die koepel op te stel en dit sal gereed wees vir die Staatsrede.
# ‘n Nuwe verslag deur die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, Fedsas, eis vinnige optrede om meer openbare skole te bou, veral in Gauteng en die Wes-Kaap. ‘n Ontleding van data vanaf 2009 tot 2023 toon die uitdagings met dringende opvoedkundige infrastruktuur. Adjunk uitvoerende hoof, Riaan van der Bergh, het die kritieke behoefte op Newzroom Afrika beklemtoon om oorbevolking aan te spreek en voldoende hulpbronne vir leerders te verseker:
# ʼn New Yorkse groot jurie het Luigi Mangione aangekla na die moord op UnitedHealthcare se uitvoerende hoof, Brian Thompson. Die 26-jarige Mangione staar elf aanklagte in die gesig, insluitend moord in die eerste graad, en twee van moord in die tweede graad waarvan een as terrorisme beskryf word. Manhattan se distriksaanklaer, Alvin Bragg, sê Mangione sal Donderdag in die hof verskyn om te bepaal of hy aan New York uitgelewer sal word:
# Sokker: Die Real Madrid-voorspeler Vinicius Junior is as Fifa se mansspeler van die jaar aangewys op die Fifa Beste Toekennings in Doha. Die Brasiliaan het 24 doele in alle kompetisies aangeteken in die 2023-2024-seisoen. Barcelona se middelveldspeler Aitana Bonmati het die vrouetoekenning ingepalm. Die mans-afrigter van die jaar-toekenning het gegaan aan Carlo Ancelotti van Real Madrid, met die vrouetoekenning aan Emma Hayes van Amerika. Alejandro Garnacho van Manchester United het die beste mansdoel van die jaar gewen. Ancelotti sê die sport het hom alles gegee:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-8-sent teen die dollar, 18-rand-98-sent teen die euro en 22-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 103-duisend-915-dollars-1-sent. Die prys van goud is twee-duisend-646-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 73-dollar-25-sent.
# En, SANParke het ‘n helikopter ontplooi om veiligheid oor die feestyd in die Tafelberg Nasionale Park te verbeter. Die plan sluit in lugbewaking, grondpatrollies en samewerking met die Stad Kaapstad en die polisie. SANParke sê hierdie pogings sal ‘n veiliger en aangename ervaring verseker vir die groot getal besoekers wat verwag word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….