Nuus 09:00
BULLETIN 20 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ad hoc-komitee oor polisiekorrupsie is nader aan die aanvaarding van sy opdrag
# Numsa gaan teen Macsteel se ‘onregverdige’ afleggings staak
# En die VN sê konflikverwante seksuele geweld neem toe
# Die parlementêre ad hoc-komitee, wat getaak is om bewerings van polisiekorrupsie te ondersoek, sê die finale weergawe van die opdrag sal binne die volgende twee dae aan lede gestuur word. Dit sal hulle in staat stel om die dokument te hersien voor dit formeel aanvaar word. Die samestelling van die komitee spruit uit bewerings wat deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak is. Onder die items wat ooreengekom is vir insluiting in sy opdrag, is dat Mkhwanazi die eerste persoon sal wees wat voor die komitee verskyn. Die komitee het verder ooreengekom dat hy eksterne regsondersteuning sal verkry.
# Die metaalwerkersvakbond, Numsa sê hy aanvaar nie dat afleggings by Macsteel geregverdig is nie. Die staalvervaardiger het verlede maand aangekondig hy is besig met ‘n proses van herstrukturering wat van van sy bedrywighede en sy werknemers kan raak. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle gaan met ‘n staking begin, want Macsteel se vyandige bestuur saboteer die onderhandelingsproses:
# Die waarnemende polisiekommissaris in die Oos-Kaap, Thandiswa Kupiso, het die gewelddadige aanval op ‘n beampte van die Nasionale Vervolgingsgesag en sy gesin in Tiryville, Kariega, veroordeel. Dit herinner aan die moord op Gqeberha-aanklaer Tracy Brown verlede maand. Volgens ‘n polisieverslag het die aanklaer en sy gesin Maandagoggend vroeg by hul huis aangekom. ‘n Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê terwyl hulle in die aanklaer se motor buite die hek van hul eiendom was, is hulle deur vier mense genader:
# Meer as vier-duisend-600 gevalle van konflikverwante seksuele geweld is in 2024 aangemeld. Dit is volgens die Verenigde Nasies ‘n toename van 25-persent sedert 2023. Seksuele geweld teen kinders het in die afgelope jaar met 35-persent toegeneem. Die meeste gevalle was in die Republiek van Sentraal-Afrika, Demokratiese Republiek die Kongo, Haïti, Somalië en Suid-Soedan. Die spesiale verteenwoordiger oor seksuele geweld in konflik, Pramila Patten, sê onsekerheid oor kos verhoog ook die risiko van seksuele geweld:
# Sokker: Liverpool se vleuel Mohamed Salah het die Beroepsokkerspelersvereniging se mansspeler van die jaar toekenning vir ‘n rekord derde keer gewen. Die Egiptenaar het 29 doele aangeteken en met 18 gehelp toe die Reds verlede seisoen se Premierliga-titel ingepalm het. Die vereniging se vrouespeler van die jaar is Arsenal se middelveldspeler Mariona Caldentey wat 19 doele in al die kompetisies in haar eerste seisoen by die Gunners aangeteken het. Morgan Rogers van Aston Villa en Olivia Smith van Arsenal het onderskeidelik die mans en vroue se jong speler van die jaar toekennings verower.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-64-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-318-dollar-43-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….