Nuus 09:00
BULLETIN 12 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Paul Mashatile doen ‘n beroep op Chinese ondernemings om hul beleggings te vergroot
# Minister Motsoaledi verdedig die Kuba-Suid-Afrikaanse mediese program
# En die Amerikaanse polisie vind bewyse teen Luigi Mangione
# Adjunkpresident Paul Mashatile moedig Chinees-befondsde ondernemings in Suid-Afrika aan om hulle beleggings te vermeerder in deurslaggewende sektore van die ekonomie. Die totale bilaterale handel het toegeneem van 614-billion-rand in 2022 tot 692-miljard-rand in 2023, terwyl China se 46-miljard tekort die hoogste bly van al die land se handelsvennote. Mashatile het gister gepraat op die Suid-Afrika-China ekonomiese Handels en Vereniging geleentheid in Johannesburg. Mashatile sê China, as een van die wêreld se grootste ekonomieë verskaf ‘n massiewe mark vir Suid-Afrika se goedere en dienste:
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, ontken dat die mediese samewerkingsprogram van Nelson Mandela en Fidel Castro verkwistend is en tekortkominge het. Die program lei Suid-Afrikaanse studente op om mediese praktisyns in Kuba en Suid-Afrika te word. Die program is sedert sy stigting gekritiseer omdat dit te duur en onprakties is. Motsoaledi het in ’n geskrewe antwoord op ’n parlementêre vraag gesê die studente se befondsing kos jaarliks sowat 23-miljoen-rand. Hy voeg by daar is beheerstrukture wat studente en die land se belange beskerm.
# Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Paaie en Logistiek het die bus-subsidiestelsel in 2016/2017 en 2017/2018 verkeerd ingestel. ‘n Woordvoerder, Evert Du Plessis, sê die subsidies is nie behoorlik verwerk nie en die maatskappye wat kontrakte ontvang het om inwoners te vervoer, is maandeliks betaal sonder dat die regte prosesse gevolg is. Hy sê omdat die voorgeskrewe formule nie gevolg is nie, het die departement meer as tien-miljoen-rand aan busmaatskappye betaal wat op onregmatige uitgawes neerkom:
# New Yorkse owerhede sê hulle het tasbare bewyse wat Luigi Mangione verbind met die moord op UnitedHealth se uitvoerende hoof, Brian Thompson, ’n week gelede in Manhattan. Die polisie sê die 3D-gedrukte vuurwapen wat Mangione by hom gehad het toe hy hierdie week in Pennsilvanië gearresteer is, pas by drie koeël-doppies wat op die toneel gevind is. Hulle het ook Mangione se vingerafdrukke positief verbind met dié op die misdaadtoneel. New York se hoofspeurder, Joseph Kenny, sê die motief vir die moord is nog onbekend.
# Sokker: Manchester City het is met twee-nul deur Juventus gewen en kan vroeg uitgeskakel word in die Kampioenliga. Die jongste nederlaag beteken City kon net een van hulle laaste drie wedstryde wen, en het sewe verloor. Intussen het Arsenal Monaco drie-nul geklop en kom nader aan kwalifisering vir die laaste 16. Daar was oorwinnings vir Barcelona, Atlético Madrid en AC Milan. Ilkay Gundogan van City sê hulle kry nie die basiese dinge op die oomblik reg nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-66-sent teen die dollar, 18-rand-57-sent teen die euro en 22-rand-56-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 100-duisend-911-dollars-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-711-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 73-dollar-57-sent
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….