Nuus 09:00
BULLETIN 28 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF is ontsteld oor die regering se versuim om skole te bou of op te knap
# Die Parlement vra vir dringende optrede oor die ondersoek na Covid-toelaes
# En verskeie van Trump se kabinetsbenoemings ontvang bomdreigemente
# Die EFF sê hy is hoogs onsteld maar nie verrras nie dat die Departement van Basiese Onderwys nie skole in die Oos-Kaap, die Vrystaat, Limpopo en Noordwes tydens die 2023/2024-boekjaar gebou of vervang het nie. Ondanks die toewysing van 1,8-miljard-rand vir skoolinfrastruktuur, het die Oos-Kaap slegs 70-persent van sy begroting bestee. Limpopo het die slegste gevaar en het teen middel November slegs 41-persent van sy 1,5-miljard-rand bestee. Die EFF sê die onderprestering is nie slegs ‘n administratiewe mislukking nie, maar ‘n berekende daad van verwaarlosing wat kinders in oorvol klaskamers laat.
# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling, Bridget Masango, sê die bevindings van die ondersoek na die Covid19-toelaag moet blitsig in werking tree. Minister Sisisi Tolashe het die ondersoek gelas na bewerings deur Stellenbosh studente oor identiteitsdiefstal-skuiwergate. Masango het aan die SABC gesê gereelde vorderingsverslae sal beskikbaar wees om deursigtigheid in die regstelling van sekerheidsgebreke te verseker:
# Die DA doen ‘n beroep op die Stad Tshwane se koalisieregering om die Hammanskraal-skoonwaterprojek voor die begin van die Desembervakansie af te handel. Fase een van die projek was bedoel om teen die einde van Oktober voltooi te wees, maar is vertraag. Die Departement van Water en Sanitasie het verlede jaar 758-miljoen-rand vir die opgradering van die Klipdrift-waterbehandelingsaanleg toegewys om die watervoorsienings- en gehalteprobleme in Hammanskraal op te los. Die DA sê as Klipdrift voltooi is, sal Tshwane 60-miljoen-rand per jaar op watertenkwaens spaar.
# Talle van verkose president Donald Trump se benoemdes vir administratiewe en kabinetsposte word geteister. Dit sluit bomdreigemente in en in sommige gevalle word fop-oproepe gemaak om die polisie na die slagoffer se huis te lok. Van die individue wat deurgeloop het, is Trump se keuse vir Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Elise Stefanik, en die benoeming vir minister van Handel, Howard Lutnick. Die woordvoerder van Trump se oorgangspan, Karoline Leavitt, sê gevaarlike voorvalle van intimidasie en geweld gaan hulle nie afskrik nie.
#Sokker: Liverpool het sy perfekte begin in die Kampioeneliga voortgesit met ‘n oorwinning van twee-nul teen die heersende kampioene, Real Madrid op Anfield. Doele in die tweede helfte deur Alexis Allister en die plaasvervanger Cody Gakpo het die sege beklink wat hulle eerste een sedert 2009 teen Madrid in dié kompetisie is. Borussia Dortmund is nou in die top agt van die Kampioeneliga met sy drie-nul-oorwinning teen Dinamo Zagreb, terwyl Aston Villa en Juventus geen doele kon aanteken nie. Liverpool se bestuurder Arne Slot, is te vrede met sy span se vertoning:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-21-sent teen die dollar, 19-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-609-dollar-23-sent. Die prys van goud is twee-duisend-629-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….