Nuus 09:00
BULLETIN 25 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu sê die Internasionale Strafhof se lasbriewe moet afgedwing word
# ’n Veroordeelde bedrieër is die MK-party se nuwe nasionale organiseerder
# En die meeste Amerikaners keur Trump se oorgang goed
# Cosatu sê die lasbriewe wat verlede week uitgereik is deur die Internasionale Strafhof toon geen indiwidu of staat is verhewe bo die internasionale gereg nie. Die lasbriewe is uitgereik teen die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu, die voormalige minister van Verdediging Yoav Gallant en Hamas se militêre leier Mohammed Diab Ibrahim Al-Masri vir oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Matthew Parks van Cosatu sê die internasionale gemeenskap moet verseker die lasbriewe word uitgevoer:
# Die leier van die MK-party Jacob Zuma het die veroordeelde bedrieër Joe Ndhlela aangestel as die party se nasionale organiseerder. Ndhlela, wat eens die uitvoerende hoof van die Premier-sokkerliga was, is in Julie 2022 skuldig bevind aan bedrog en die oortreding van die Wet op Maatskappye wat verband gehou het met sy tyd by Transnet. Hy is drie jaar tronkstraf opgelê. Die MK-party sê Ndhlela was betrokke by die ontwikkeling van beide die nasionale verkiesing se strategiese raamwerk en die opleidingshandboek vir agente van die party. Ndhlela se seun, Nhlamulo, is die woordvoerder van MK.
# Die brandweerdiens van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit is steeds besig om ‘n brand in Mitchell’s-pas naby Ceres te bestry. Die brand het gistermiddag uitgebreek. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê brandspanne wat deur die koeler nagtemperature gehelp is, kon die brand wat parallel met die pad gebrand het, onder beheer bring:
# ‘n Nuwe peiling deur CBS toon 59-persent van Amerikaners keur die verkose president Donald Trump se hantering van sy presidensiële oorgang goed. Trump het ‘n paar omstrede figure ingesluit in sy kabinet, onder wie die inenting-skeptikus en samesweringsteoretikus Robert F Kennedy Junior as minister van Gesondheid, en die Fox News-gasheer en weermagveteraan Pete Hegseth as minister van Verdediging. Die peiling toon 54-persent van die Republikeine, maar net vier-persent van die Demokrate, is opgewonde oor wat Trump in sy tweede termyn as president sal doen.
# Tennis: Die wêreld nommer-een Jannik Sinner het Italië tot ‘n tweede agtereenvolgende Davisbeker-titel gelei deur Nederland met twee-nul in Malaga, Spanje te klop. Matteo Berrettini het Botic van de Zandschulp verslaan om ‘n vroeë voorsprong aan Italië te besorg. Die 23-jarige Sinner het Tallon Griekspoor geklop om die trofee in te palm. Italië is die eerste land om twee agtereenvolgende Davisbeker-titels te wen sedert die Tsjeggiese Republiek dit in 2012 en 2013 reggekry het. Sinner sê die kompetisie is vir hom belangrik:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-5-sent teen die dollar, 18-rand-91 teen die euro en 22-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-886-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-667-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-33-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….