Nuus 09:00
BULLETIN 16 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Save South Africa-burgerlike beweging sê president Ramaphosa se toespraak het buitelanders met spazawinkels begunstig
# Die DA vra die Presidensie om meer omgewingsgesondheidpraktisyns permanent aan te stel
# En, twee reusekragmeting gaan vandag die internasionale rugbytoneel oorheers
# Die Save South Africa-burgerlike beweging sê president Cyril Ramaphosa se toespraak gisteraand was apologeties en sal straatverkopes, wat baie jare lank al eerlik en sorgsaam werk, nog verder in gevaar stel. Die woordvoerder van die beweging, Tebogo Mashilompane, sê dit is teleurstellend dat Ramphosa probeer het om ‘n gebalanseerde toespraak te lewer om buitelanders eienaars van spazawinkels nie aanstoot te gee nie:
# Die DA sê die Presidensie moet met provinsiale regerings skakel om meer permanente omgewingsgesondheidpraktisyns aan te stel vir die inspeksie van spazawinkels in die land. Willie Aucamp van die DA sê dit is ‘n tragedie dat voedseloordraagbare siektes reeds 22 Suid-Afrikaanse kinders se dood veroorsaak het. Aucamp sê net een-duisend-712 omgewingsgesondheidpraktisyns is aangestel, maar ses-duisend-203 sal nodig wees om voldoende dekking te verseker:
# Die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, en die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, gaan vandag saam met lede van die gemeenskap bome plant by die Kasteel van Goeie Hoop om die baken gereed te kry vir die somervakansieseisoen. Gesinne word genooi om die geleentheid by te woon, met gratis toegang tot die Kasteel en die aktiwiteite wat vir die dag beplan word. Die Departement van Openbare Werke sê die doel met die inisiatief is om hierdie historiese terrein vir toekomstige geslagte te bewaar.
# Rugby: Twee reusekragmetings gaan die internasionale toneel vandag oorheers. Die Springbokke speel teen ‘n Engelse span wat vasberade is om sake reg te stel na nederlae in twee agtereenvolgende Wêreldbekertoernooie teen die viermalige kampioen. Afskop op Twickenham is vanaand twintig-voor-agt. Daarna spring Frankryk en die All Blacks aanmekaar op die Stade de France, waar Nieu-Seeland hoop om Frankryk die eerste keer in ses jaar te klop. Môre gaan Wallis probeer om na tien agtereenvolgende nederlae te wen wanneer hulle in Cardiff teen die Wallabies speel.
# En ten slotte, die personeel van ‘n Sweedse minister met ‘n fobie oor piesangs moet noodgedwonge voor enige vergadering of besoek daarop aandring dat daar nêrens in ‘n vertrek ‘n piesang te sien of te ruik is nie. Hierdie opdragte deur die minister van Geslagsgelykheid, Paulina Brandberg, is pas onthul in e-posse wat gelek en deur die poniekoerant Expressen gepubliseer is. Brandberg het vroeër aan die koerant onthul sy kry professionele hulp vir die probleem. ‘n Piesangfobie kan tot ernstige probleme soos angs en naarheid lei wanneer ‘n aangetaste persoon die vrug sien of ruik.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….