Nuus 09:00
BULLETIN 14 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Maatskaplike Ontwikkeling is besig om nie-winsgewende organisasies te deregistreer
# Die Nasionale Christenforum kritiseer minister Ntshavheni se uitlatings oor onwettige mynwerkers
# En aanklaers wil hê die National Rally-leier Marine Le Pen moet tronk toe gaan
# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê hy het begin om in fases organisasies sonder winsbejag wat nie regulasies nakom nie, se registrasie in te trek. Die departement het in Oktober vanjaar 295-duisend-52 geregistreerde organisasies sonder winsoogmerk gehad waarvan meer as 167-duisend nie regulasies nagekom het nie. Die departement se woordvoerder, Bathembu Futshane, sê hulle sal voortgaan om die organisasies te ondersteun deur ‘n omgewing te skep waar hulle doeltreffend kan funksioneer:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christenforum doen ‘n beroep op die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni om haar opmerkings oor die vier-duisend onwettige mynwerkers ondergronds in Stilfontein, Noordwes terug te trek. Sy het die media Woensdag na die kabinet se gereelde vergadering ingelig en gesê dit is nie regering se werk om misdadigers uit te haal nie. Sy het bygevoeg dat misdadigers nie gehelp moet word nie, maar vervolg moet word. Die president van die forum, Marothi Mashashane, sê die minister se opmerkings is roekeloos:
# Rand Water ontken berigte dat sy water in sommige dele van die Emfuleni-munisipaliteit besmet en giftig is. Dit volg ná stemboodskappe op sosiale media wat beweer water in die Vaal-gebied is besmet. Dit raai inwoners aan om nie kraanwater te drink nie. Rand Water se woordvoerder, Makenosi Maroo, sê die water wat aan inwoners verskaf word, is skoon en in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard 241:
# Aanklaers in Parys het die howe versoek om die leier van die verregse National Rally, Marine le Pen, aan bedrog skuldig te bevind, haar tot vyf jaar tronkstraf te vonnis, en haar te verbied om vyf jaar in ‘n openbare pos te dien. Sy en 24 ander senior partyverteenwoordigers word aangekla van geldverduistering wat verband hou met valse poste by die Europese parlement. Indien sy skuldig is, sal sy nie weer aan die presidentsverkiesing in 2027 mag deelneem nie, selfs al appèlleer sy.
# Sokker: Die skeidregtersliggaam PGMOL, sê hy is bewus van ‘n nuwe video wat die rondte doen van die Engelse Premierliga skeidsregter, David Coote. Die 42-jarige is Maandag geskors na ‘n video getoon het het waar hy neerhalende opmerkings oor Liverpool en sy voormalige bestuurder, Jurgen Klopp, maak. In die jongste video word Coote gewys waar hy wit poeier snuif terwyl hy glo by die Europese Kampioenskap vroeër vanjaar as ‘n wedstrydbeampte gewerk het. Die skeidregtersliggaam sê hy neem die aantygings baie ernstig op.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-27-sent teen die dollar, 19-rand-27-sent teen die euro en 23-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 89-duisend-898-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-562-dollar-92-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-6-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….