Nuus 09:00
BULLETIN 12 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA sê minister Simelane se ampstermyn as minister van Justisie het onhoudbaar geword
# Die EFF verwelkom die stad Johannesburg se besluit om Eskom te betaal
# En ‘n aanklaer van die Internasionale Strafhof word ondersoek vir seksuele wangedrag
# ActionSA sê hy is omgekrap omdat geen wesentlike stappe nog gedoen is teen die minister van Justisie Thembi Simelane nie. Die party het meer as 70 dae gelede aan president Cyril Ramaphosa geskryf en dringende optrede gevra oor die bewerings teen haar. Simelane het in 2016, toe sy die burgemeester van Polokwane was, ‘n lening gekry van Gundo Wealth Solutions. Die maatskappy was ‘n derdeparty-makelaar wat betrokke was by beweerde verdagte transaksies met VBS Mutual Bank. Athol Trollip van Action sê Ramaphosa moet onmiddellik sy besluit oor die minister aankondig:
# COPE raai Suid-Afrikaners aan om aktief betrokke te raak by die openbaredeelnameproses wat die Immigrasiewysigingswetsontwerp betref. Die wetsontwerp wil die Immigrasiewet van 2002 wysig om die bepalings wat verband hou met die arrestasie en aanhouding van buitelandse burgers voor uitlewering, te hersien. COPE-woordvoerder Erick Mohlapamaswi sê dis belangrik dat burgers bydra om wette te maak wat die land se immigrasiebeleid beïnvloed en die regstaat handhaaf:
# Die EFF het die Stad Johannesburg se besluit verwelkom om ‘n deel van die 4,9-miljard-rand wat dit Eskom skuld, te betaal. Die kragverskaffer het verlede week gewaarsku hy gaan moontlik Johannesburg se elektrisiteit afsny as die metro en City Power nie hul skuld vereffen nie. Die metro gaan teen die einde van die maand 1,4-miljard-rand betaal. Die party sê hy verwelkom die besluit om die Suid-Afrikaanse Nasionale Energie-ontwikkelingsinstituut te betrek om die rekeninggeskil tussen die metro en Eskom op te los.
# Die Internasionale Strafhof sê hy sal ‘n eksterne ondersoek van stapel stuur teen sy hoofaanklaer Karim Khan oor bewerings van seksuele wangedrag. Dit volg op mediaberigte oor ‘n dokument wat aanklagte teen Khan uiteensit deur ‘n vrou wat vir hom gewerk het. Khan, wat die bewerings ontken, staan sedert 2021 aan die hoof van die hof se vervolgings, waaronder oorlogsmisdade waarby Rusland en Oekraïne betrokke is, sowel as Palestina en Israel.
# Sokker: Die Engelse Premierligaskeidsregter David Coote is onmiddellik geskors. Dit volg op ‘n video wat blykbaar wys hoe hy neerhalende opmerkings maak oor Liverpool en hulle voormalige bestuurder Jurgen Klopp. Die video verwys blykbaar na ‘n wedstryd wat Coote in Julie 2020 beheer het tussen Liverpool and Burnley, wat een-elk gelykop geëindig het. Klopp het Coote na die wedstryd gekritiseer en gesê die skeidregter het nie straf uitgedeel na uitdagings teen Liverpool se spelers nie. Die 42-jarige is een van die Premierliga se mees ervare beamptes.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-94-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 23-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 88-duisend-731-dollar-9-sent. Die prys van goud is twee-duisend-617-dollar-92-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 71-dollar-73-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….