Nuus 09:00
BULLETIN 3 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Giwusa sê alternatiewe befondsing vir Eskom moet voorkeur kry
# ‘n Onderwysaktivis sê Chabani Manganyi was ‘n deernisvolle mentor vir ontelbare studente
# En, motorsport: Sao Paulo se GP-kwalifiseringsronde is tot vandag uitgestel weens reën
# Die vakbond vir algemene nywerhede, Giwusa, sê hy alternatiewe befondsing vir Eskom moet voorop gestel word, wat die kansellering van skuld insluit. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê Eskom se finansiële krisisse word vererger deur die swendelary van steenkoolmyn- en olievoorsieningsmaatskappye, tesame met BEE-verwante korrupsie in uitkontrakterings-ooreenkomste en onafhanklike kragverskaffers, wat almal Eskom plunder en daaruit wins maak:
# Die onderwysakrivis Hendrick Makaneta het diepe meegevoel betuig met die familie en vriende van professor Chabani Manganyi, wat Saterdag oorlede is. Manganyi was ‘n gerekende akademikus en voormalige adjunk-visekansellier aan die Universiteit van Pretoria. Makaneta sê Manganyi was nie net ‘n gerespekteerde geleerde nie, maar ook ‘n meelewende mentor vir ontelbare studente, opvoeders en leiers:
# Die appèlkomitee van die Advertensiebeheerraad het ‘n uitspraak bevestig ten gunste van L’Oreal Suid-Afrika teen Nutriwomen, wat na bewering die verpakking nagemaak het van L’Oreal’s se CERAVE-velsorgreeks. Ondanks Nutriwomen se appèl teen die uitspraak in Mei, het die komitee bevind die Dermacare-verpakking is grotendeels soortgelyk. Daar is nog een finale appélopsie beskikbaar vir Nutriwomen. As dit nie slaag nie moet die maatskappy binne drie maande sy verpakking verander.
# Motorsport: Oscar Piastri het gehoor gegee aan die McLarenspan se opdrag en Lando Norris gister ‘n snelren-oorwinning in Sao Paulo gegee. Die eerste en tweede plek vir McLaren het Max Verstappen se Formule Een-voorsprong oor sy Britse uitdager na 45 punte verklein. Dit was die eerste keer dié seisoen dat Verstappen geklop is in ‘n snelren. Intussen is kwalifisering vir die Sao Paulo Formule Een Grand Prix in Brasilië is tot vandag uitgestel nadat dit gister swaar gereën het op die Interlagos-baan. Nog reën word vir vandag voorspel.
# En, ‘n Australiese soutwaterkrokodil wat die houer was van die wêreldrekord as die grootste krokodil in gevangenskap het gevrek. Cassius, wat meer as ‘n ton geweeg het, se gesondheid het van middel-Oktober af agteruitgegaan. Die Marineland Melanesia-krokodilhabitat op Green Island naby die toeristedorp Cairns sê hy was by die habitat sedert 1987 nadat hy vervoer is uit die naburige Noordelike Gebied, waar krokodille ‘n sleuteldeel uitmaak van die streek se toeristebedryf. Daar word geskat hy was minstens 100-jaar oud en was 5,48-meter lank.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….