Nuus 09:00
BULLETIN 2 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom bereik ‘n belangrike mylpaal in operasionele doeltreffendheid
# ActionSA verwelkom die stigting van ‘n parlementêre oorsigkomitee oor die vergrote Presidensie
# En, tennis: Zverev klop Tsitsipas in Parys en Rune hou sy aanspraak op ATP-finaal lewendig
# Eskom sê hy het ‘n belangrike mylpaal bereik in operasionale doeltreffendhied, en beweeg nader aan sy doelwit van ‘n 70-persent energiebeskikbaarheidfaktor teen die einde van Maart 2025. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die prestasie word gekenmerk deur ‘n vermindering van onbeplande kragonderbrekings, wat gemeet word aan die onbeplande kapasiteitsverliesfaktor en ander kapasiteitsverliesfaktore tot sewe-duisend-299-megawatt:
# ActionSA het die stigting verwelkom van ‘n oorsigkomitee oor die Presidensie, wat volgens die party, in onlangse jare uitgebrei het tot ‘n Superpresidensie. Athol Trollip van ActionSA sê die ongebreidelde uitbreiding van die mag binne die Presidensie ondermyn die werklike mandaat van die Parlement, omdat dit die president toelaat om ‘n byna afsonderlike tak van die regering te bestuur wat grootliks buite parlementêre oorsig werk:
# Laer inflasie en brandstofpryse het bygedra om passasiermotorverkope in Oktober met 14,5-persent te laat styg, vergeleke met Oktober verlede jaar, en hulle beste maand in vyf jaar aan te teken. Die voertuigbedryfsliggaam Naamsa sê 34-duisend-228 passasiersmotors is verlede maand verkoop, maar die verkoop van ligte handelsvoertuie is steeds laer. Die verkoopsyfer van bakkies en minibusse was 12,7-persent laer as in Oktober 2023. Die verkoop van medium- en swaarvragmotors het onderskeidelik met 10,1-persent en 7,1-persent gedaal.
# ‘ n Hooggeregshof in Kenia het die inhuldiging bekragtig van Kithure Kindiki as die nuwe adjunkpresident, ondanks voortgesette regsoptrede nadat ‘n ampsklag teen die voormalige adjunkpresident Rigathi Gachagua ingebring is. Die hof het beslis om Kindiki se aanstelling op te skort sal ‘n politieke lugleegte veroorsaak. Gachagua is op 17 Oktober uit die pos verwyder oor aanklagte van korrupsie en die aanhits van etniese verdeeldheid. Hy appelleer hieroor, en beweer die proses was onregverdig en polities gemotiveerd.
# En, tennis: Alexander Zverev het gister sy teenstander Stefanos Tsitsipas geklop in die kwarteindstryd van die Meesters in Parys, terwyl Holger Rune klaargespeel het met Alex de Minaur om sy kans te behou om vir die ATP Toerfinaal van 10 tot 17 November in Turyn te kwalifiseer. Zverev se 7-5, 6-4 sege oor Tsitsipas hou hom op koers om sy eerste titel in Parys in te palm. Zverev is die hoogste gekeurde speler in Parys wat nog nie uitgeskakel is nie, enkom vandag in die halfeind te staan teen Rune wat in 2022 die toernooi gewen het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….