Nuus 09:00
BULLETIN 29 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus sê die nuwe tabakwet kan nie voortgaan sonder behoorlike raadpleging nie
# COSATU ondersteun NEHAWU se hofstryd vir die permanente indiensneming van gesondheidsorgwerkers
# En die Life Esidimeni-families wil hê strafregtelike klagtes moet ingedien word
# Die Vryheidsfront Plus sê hy volstaan dat die konsultasieproses wat gevolg is met die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels van 2022 onvoldoende was, en dat die wet se verwerking nie moet voortgaan nie. ‘n Woordvoerder van die party, Philip van Staden, sê die Departement van Gesondheid was oneerlik oor die voorgeskrewe prosesse:
# Cosatu sê hy ondersteun NEHAWU wat vandag in die Arbeidshof is om gemeenskapsgesondheidswerkers te verdedig. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die vakbond wil die bemiddelingsbeslissing teen sy aansoek laat hersien ten einde die Departement van Gesondheid gedwing word om gemeenskapsgesondheidswerkers permanent aan te stel. Sy sê NEHAWU se saak is geregverdig:
# Die Life Esidimeni-families, die sektor vir gestremdes, die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angs-groep, SECTION27 en ander belangstellende partye hou vandag ʼn plakkaatbetoging in Pretoria waar hulle ʼn memorandum aan die Nasionale Vervolgingsgesag sal oorhandig. SECTION27 se woordvoerder, Pearl Nicodemus, sê die belangegroepe eis dat die NVG voorkeur gee aan die vervolging van die gewese Gautengse LUR van Gesondheid, Qedani Mahlangu, en die gewese direkteur van Geestesgesondheid, Makgabo Manamela, vir hul aandeel in die Life Esidimeni-tragedie. Sy sê hulle doen ʼn beroep op die NVG om sonder versuim op te tree.
# Die aartsbiskop van Puerto Rico doen ʼn beroep op Donald Trump om persoonlik verskoning te vra vir die opruiende opmerkings wat ʼn komediant Sondag tydens sy saamtrek by Madison Square Garden gemaak het. Hy het na die Amerikaanse eilandgebied as ʼn drywende eiland van vullis verwys. Trump se veldtog distansieer hom van Tony Hinchcliffe se opmerking en sê dit weerspieël nie die oudpresident se mening nie. Trump het self egter nie gereageer nie. Die aartsbiskop het op sosiale media gesê dis belangrik dat Trump persoonlik verskoning vra.
# Sokker: Manchester City en Spanje se middelveldspeler, Rodri, het Maandag die Ballon d’Or vir mans ontvang nadat hy ʼn vierde agtereenvolgende Premierliga-titel en Euro 2024 gewen het. Die besluit was ʼn verrassing aangesien Vinicius Junior van Real Madrid as die gunsteling beskou is. Die Spaanse klub het ure voor die seremonie in Parys aangekondig sy verteenwoordigers gaan nie die geleentheid bywoon nie. Barcelona en Spanje se ster, Aitana Bonmati, het haar tweede agtereenvolgende Ballon d’Or vir vroue opgeraap. Real Madrid is aangewys as die beste manspan en Barcelona was die beste vrouespan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-71-sent teen die dollar, 19-rand-15-sent teen die euro en 22-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-769-dollar-44-sent. Die prys van goud is twee-duisend-753-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….