Nuus 09:00
BULLETIN 27 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Shivambu beweer die MK-partykoukus het die bekwaamste leierskap in die Parlement
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie verloor kontak met sy personeel nadat medici gesê het Israel het ‘n klopjag uitgevoer op ‘n Gaza-hospitaal
# En, tennis: England se nommer-eenspeler Jack Draper is deur na die eindstryd van die ATP 500 Weense Ope
# Die nasionale organiseerder van die MK-party Floyd Shivambu beweer die party se koukus spog met die mees bekwame leierskap in die Parlement. Shivambu sê die partyleiers kan doeltreffend regeer en beter presteer as die ANC, DA of EFF. Hy erken egter die party se gebrek aan ondervinding met die bou van ‘n suksesvolle politieke organisasie. Shivambu sê sy fokus is om te verseker die party floreer terwyl dit groei tot ‘n gedugte opposisiemag:
Shivambu het ook in in ‘n potgooi onthul die meeste van die EFF-leiers, behalwe Julius Malema, het geweet van sy beplande aansluiting by die MK-party, lank voor dit openbaar gemaak is. Shivambu beweer die leiers het hom gesmeek om nie Malema in te lig oor wat hulle geweet het nie. Hy sê hy was agter die konsep van die EFF se struktuur, die naam, die leierskaptitels en die manifes:
# Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê berigte oor ‘n Israelse klopjag op ‘n hospitaal in die noorde van Gaza is “diep ontstellend”. Die direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê hy het “kontak verloor” met personeel van die hospitaal sedert berigte oor die klopjag na vore gekom het. ‘n Woordvoerder van die WGO, Tarik Jasarevic, het aan Sky News gesê die situasie bly baie duister, met berigte van vyandighede en ontruimingsopdragte. Die Israelse Weermag het, volgens Palestynse amptenare en medici by die gerief, gisternag die Kamal Adwan-hospitaal bestorm nadat dit onder tenkvuur deurgeloop het.
# Tennis: Brittanje se nommer-eenspeler, Jack Draper, het vir die eerste keer deurgedring na die eindstryd van die ATP 500 Weense Opetoernooi deur Lorenzo Musetti van Italië met 6-2, 6-4 te klop. In gister se ander halfeindstryd het die wêreld-nommer 24, Karen Kachanov van Rusland, die tweede gekeurde Australiër Alex de Minaur uitgeskakel om op koers te bly vir sy vyfde titel van die jaar, en die tweede agtervolgende een, na sy oorwinning verlede week in Almaty in Kazakstan.
# En, om mee af te sluit: Shoprite se Checkers-handelsmerk het ‘n spesifiek gemerkte Sixty60-vliegtuig bekendgestel in vennootskap met die LIFT-redery. Suid-Afrika se eerste kleinhandelsvliegtuig, die Airbus A320, met die ikoniese Sixty60-logo, se eerste vlug was verlede week van Johannesburg na Kaapstad. Dit sal hierdie somer gereelde vlugte onderneem en Johannesburg, Durban en Kaapstad verbind. Ontleders loof die inisiatief as slim bemarking in ‘n mededingende kleinhandelslandskap.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….