Nuus 09:00
BULLETIN 25 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra dat die Openbare Werke-tenderdeursigtigheidsprogram uitgebrei word
# Ezemvelo KZN Wildlife doen ‘n beroep op hulp om olifante veilig te verskuif
# En boks: Tyson Fury mik na ‘n uitklophou in sy herontmoeting met Oleksandr Usyk
# Die DA het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, vermeld vir sy belofte in die Nasioanle Vergadering om die tenderevaluasie- en toekenningsproses ten volle vir die publiek te open. Edwin Macrae Bath van die DA sê die gebruik van oudio en visuele opnames om die tenderproses te dokumenteer, is ‘n aansienlike stap om deursigtigheid en vertroue in die openbare verkrygingsproses te vestig. Hy sê die party daag nou alle ander staatsdepartemente uit om die voorbeeld te volg:
# Die Patriotic Alliance het Woensdag aansienlike sukses behaal in ‘n tussenverkiesing in die George-munisipaliteit. Die party het sy steun sedert die plaaslike verkiesing in 2021 verdubbel en ʼn belangrike setel in die munisipaliteit behou. Die DA het twee wyke in die Stad Kaapstad en Stellenbosch behou. Die GOOD-party het intussen by die OVK ʼn klag ingedien teen die DA en die PA. Die party beweer, sonder om enige bewyse voor te lê, dat verteenwoordigers van die DA en die PA vir kiesers kospakkies aanbied en mense dreig as hulle vir ʼn ander party stem.
# Ezemvelo KZN Wildlife vra nie-regeringsorganisasies om met menslike oplossings vorendag te kom vir die hantering van ‘n trop van sowat 30 olifante wat uit ‘n wildreservaat in KwaMpumpula, Nongoma, ontsnap het. Inwoners het hul huise ontruim weens kommer oor hulle veiligheid terwyl die olifante in die gebied rondloop. Hierdie oproep volg nadat nege olifante onlangs naby Vryheid doodgeskiet is, wat tot ‘n openbare herrie gelei het. Ezemvelo hou die situasie fyn dop en soek menslike maniere om sowel die gemeenskap as die olifante te beskerm.
# Boks: Die Brit Tyson Fury is vol vertroue vir ‘n uitklop-oorwinning oor Oleksendr Usyk van Oekraïne in hulle herontmoeting in Saoedi-Arabië op 31 Desember. Fury het in Mei deur ‘n nie-eenparige beslissing teen Usyk verloor, maar mik nou daarna om die WBC-titel te herower. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê hy erken dit was ‘n regverdige oorwinning, maar beloof om meer gefokus te wees:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-68-sent teen die dollar, 19-rand-13-sent teen die euro en 22-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-894-dollar-28-sent. Die prys van goud is twee-duisend-726-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-48-sent per vat.
# En ten slotte: ʼn Beroemde grysbeer wat vir dekades geliefd was onder toeriste, bioloë en beroeps- natuurlewefotograwe in die Grand Teton Nasionale Park is deur ʼn voertuig in Wes-Wyoming doodgery. Grizzly Nommer 399 is op ʼn hoofweg in die Snake River-canyon, suid van Jackson, getref. Sy was minstens 28 jaar oud en die oudste bekende voortplantende grysbeer in die Yellowstone-ekostelsel. Natuurlewe-entoesiaste het elke lente gewag om te sien hoeveel kleintjies sy gedurende die winter gehad het. Die grysbere van Yellowstone is ʼn bewaringsuksesverhaal met getalle wat sedert die 1970’s toegeneem het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….