Nuus 09:00
BULLETIN 24 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê ‘n ander monetêre beleidsbenadering is nodig
# ActionSA sê die jongste inflasiedata weerspieël die veerkragtigheid van die Reserwebank se monetêre beleid
# En staking deur 33-duisend werkers by Boeing duur voort
# Die EFF verwelkom die verbruikersprys-inflasiesyfer wat vrygestel is deur Statistieke Suid-Afrika, wat dui op ‘n verdere daling vanaf 4,4-persent in Augustus tot 3,8-persent in September. Dit is die laagste inflasiekoers sedert Maart 2021. Leigh-Ann Mathys van die EFF sê dit bevestig die inflasiedruk wat die land ondervind word nie deur vraag aangedryf nie, maar is die gevolg van ekonomiese en globale uitdagings wat ‘n verskillende monetêre benadering vereis:
Intussen sê ActionSA die daling in die verbruikersprysindeks skep geleentheid vir die Reserwebank om rentekoerse te verlaag wat humanitêre gevolge inhou. Suid-Afrika se VPI het in September op ‘n jaar-tot-jaar-basis aansienlik verlangsaam van 4,4-persent in Augustus tot 3,8-persent in September. Alan Beesley van ActionSA sê die daling word toegeskryf aan eksterne faktore soos laer oliepryse, eerder as aan die regering van nasionale eenheid:
# Die DA in KwaZulu-Natal vra die minister van Polisie Senzo Mchunu om dringend die gebruik van lyfkameras te ondersoek om interaksie tussen die polisie en die publiek te monitor. Die minister het onthul 107 verdagtes is tussen Julie 2023 en Julie 2024 in die provinsie doodgeskiet, terwyl net een polisiebeampte oor die sterftes gearresteer is. Mzamo Billy van die DA sê die gebruik van dodelike mag moet nie beskou word as ‘n aanvaarbare manier om die stygende misdaadvlakke in KwaZulu-Natal te konfronteer nie:
# Boeing se grootste vakbond het ʼn nuwe kontrak verwerp wat die 33-duisend werkers se staking van byna ses weke wat produksie lamlê, verleng. Die Internasionale Vereniging van Masjiniste-vakbond sê 64-persent van sy lede het teen die voorgestelde ooreenkoms gestem. Die voorgestelde kontrak sou vier jaar duur en ʼn verhoging van 35-persent meebring. Werkers het aanvanklik ʼn salarisverhoging van 40-persent geëis. Boeing se uitvoerende hoof, Kelly Ortberg, het aan beleggers gesê hulle werk koorsagtig aan ʼn oplossing wat vir alle partye sal werk.
# Tennis: Die top-gekeurde Alexander Zverev is deur na die kwarteindstryd van die Weense Ope nadat hy die Amerikaner Marcos Giron geklop het. Dit is die Duitser se 61ste oorwinning van die seisoen. Zverev kom volgende te staan teen die Italianer Lorenzo Musetti, wat deurgedring het na die kwarteind nadat die Fransman Gael Monfils gedwing is om te onttrek aan hulle tweede-ronde kragmeting omdat hy siek is. Nog ‘n Italianer Matteo Berrettini het die Amerikaner Frances Tiafoe uitgeskakel in net meer as drie ure.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-79-sent teen die dollar, 19-rand-20-sent teen die euro en 23-rand teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-235-dollar-61-sent. Die prys van goud is twee-duisend-725-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 75-dollar-81-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….