Nuus 09:00
BULLETIN 22 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die deportasie van onwettige immigrante het die afgelope vyf maande 52-miljoen-rand gekos
# Cosatu verwelkom die beslaglegging op 67-miljoen-rand van ‘n voormalige Steinhoff-bestuurder
# En die polisie in Mpumalanga soek die moordenaar van ‘n tweejarige seuntjie
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê die departement het tussen April en Augustus vanjaar 19-duisend-750 onwettige immigrante uit die land gesit. In ‘n geskrewe antwoord in die Parlement sê hy dit het belastingbetalers 52-miljoen-rand gekos. Die minister sê daar is 68-duisend-991 vlugtelinge in die land. Hulle kom hoofsaaklik van Somalië, Ethiopië en die Demokratiese Republiek die Kongo. Daar is 94-duisend-416 asielsoekers. Schreiber sê die Grensbestuursowerheid het dringend meer fondse nodig.
# Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se beslaglegging op 67-miljoen-rand van Steinhoff se voormalige regshoof, Stéhan Grobler verwelkom. Die 64-jarige staan tereg op aanklagte van rampokkery, bedrog, manipulering van finansiële state en versuim om bedrieglike aktiwiteite aan te meld. Matthew Parks van Cosatu sê dit is ‘n stap vorentoe wat lankal gedoen moes gewees het om werkers se geld terug te kry wat tydens die grootste finansiële bedrogspul in die geskiedenis van Suid-Afrika gesteel is:
# Die polisie in Mpumalanga het sy soektog na die verdagtes agter die moord op ‘n tweejarige seun verwelkom wat byna twee weke gelede uit sy huis in eMbalenhle verdwyn het. ‘n Lid van die gemeenskap het Khayone Xavier Pakeni se liggaam Maandag in ‘n oop veld in Uitbreiding 15 gevind. ‘n Polisiewoordvoerder, Donald Mdluli, sê ‘n moordsaak is geopen en hulle sal alles in die stryd werp om die mense verantwoordelik vir die afgryslike misdaad vas te trek:
# Die Israelse Weermag sê hy het meer as drie-duisend-200 Hizbollah-teikens getref sedert sy grondoperasies in die suide van Libanon op die eerste van die maand begin het. Die afgelope 24 uur is byna 300 getref. In die jongste aanval is minstens vier mense, waaronder ʼn kind, dood en 24 beseer in ʼn aanval buite die Rafik Hariri-universiteitshospitaal in die suide van Beiroet. Israelse magte sê hulle het Hizbollah se wapenopslagplekke, teentenk-instellings en bevel-en-beheersentrums getref.
# Sokker: Die hoofafrigter van Arsenal, Mikel Arteta, het sy span gevra om die pyn van hulle eerste nederlaag in ses maande te gebruik as motivering in vandag se Kampioeneliga-wedstryd teen Shakhtar Donetsk. Die Gunners het Saterdag onverwags 2-nul teen Bournemouth verloor, wat hulle hul plek boaan die Premierliga-punteleer gekos het, en is nou vier punte agter Liverpool. Arteta het op ‘n nuuskonferensie gesê hulle is nie paniekerig na hulle eerste nederlaag sedert April nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-59-sent teen die dollar, 19-rand-4-sent teen die euro en 22-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-409-dollar-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-733-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 74-dollar-3-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….