Nuus 09:00
BULLETIN 19 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom bereik ‘n mylpaal vir ononderbroke kragvoorsiening
# Die DA vra openbare voorleggings om swakhede in die SASSA-stelsel te ontbloot
# En, krieket: Wêreldbekergeskiedenis wink vir die Protea-vroue
# Eskom het nog ‘n mylpaal bereik met 206 dae sonder beurtkrag. Dit is die langste tydperk van ononderbroke kragvoorsiening in vyf jaar. Die woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena, sê die energiebeskikbaarheidsfaktor oor die afgelope week was gemiddeld 62-persent, en 63-persent vir die jaar-tot-datum:
# Die DA doen ‘n beroep op die publiek om hul kommer te deel oor die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid se toelaebetalingstelsel. Dit volg ná die Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling se besluit om SASSA te vra vir dringende reaksie oor moontlike bedrog en ondoeltreffendheid, veral met die Maatskaplike toekennings vir die Verligting van Nood. Die DA-lid, Alexandra Abrahams, sê hulle wil foute in die stelsel oopvlek en aanspreeklikheid verseker, in aanloop tot ‘n belangrike vergadering op 23 Oktober:
# Saftu sê die voormalige minister van Arbeid Membathisi Mdladlana, wat Vrydag oorlede is, was een van die eerlikste dienaars van die werkersklas. Die 72-jarige was ‘n ANC-lid van die Parlement in die land se eerste demokratiese administrasie in 1994. Die woordvoerder van Saftu, Mogoshadi Maserumule, sê Mdladlana het die oorspronklike waardes van die ANC verteenwoordig:
# Minstens 33 mense, onder wie 21 vroue, is dood in ‘n Israelse lugaanval op ‘n vlugtelingkamp in Jabalia in noord-Gaza. Luidens ‘n verklaring van Gaza se Hamas-bestuurde regeringsmediakantoor het Vrydag se aanval ook meer as 85 mense gewond, sommige ernstig. Israelse magte beset die dig-bevolkte kamp by Jabalia reeds weke lank. Die direkteur van die al-Awda-hospital sê daar is ‘n oorweldigende instroming van gewondes. Ongeveer 400-duisende mense is reeds vir meer as twee weke vasgekeer in die kamp met min kos of water.
# En, krieket: Suid-Afrikaanse krieket sal nog ‘n geleentheid hê, miskien hulle beste tot nog toe, om vir die eerste keer ‘n krieket-Wêreldbeker te wen. Die Proteas kom Sondag te staan teen Nieu-Seeland in die T20-Wêreldbekereindstryd. Die vroue mik na hulle eerste Wêreldbekeroorwinning ooit nadat hulle Australië in die halfeindstryd oorrompel het. Nieu-Seeland het die Wes-Indiese Eilande met agt lopies geklop in die tweede halfeind wat Vrydag in Sharjah gespeel is. Sondag se eindstryd in Dubai begin om vier-uur die middag, Suid-Afrikaanse tyd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….