Nuus 09:00
BULLETIN 14 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA is bekommerd oor die Departement van Openbare Werke se versuim om projekte te voltooi
# Die ANC beklee 50-persent van die poste in Tshwane se nuwe burgemeesterskomitee
# En padwedlope: Ruth Chepngetich van Kenia Chepngetich verpletter die vrouemarathon-wêreldrekord
# ActionSA sê die Departement van Openbare Werke het in die 2023/2024-boekjaar 98-persent van sy begroting bestee, maar slegs 59-persent van sy projekte voltooi. Volgens die Ouditeur-generaal se verslag is 63 projekte meer as drie jaar agter skedule. ActionSA-woordvoerder Malebo Kobe sê die departement is Suid-Afrika se grootste verhuurder, maar is blykbaar onbevoeg om openbare bates ter waarde van miljarde rand onder sy beheer te bestuur:
# Nehawu het die Parlement gekritiseer wat sy byna een-duisend-200 ondersteuningspersoneel opdrag gegee het om ‘n reeks mediese toetse te ondergaan. Die sluit urine-ontleding, ondersoeke van die spysverteringstelsel en longfunksies in. Volgens ʼn memo wat aan die Sunday Times uitgelek is, moet werkers ook alle voorskrif- en oor-die-toonbank-medisyne wat hulle gebruik, verklaar. Nehawu sê die toetse is indringend en onnodig. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die toetse is nodig, veral vir personeel wat as hoë risiko geïdentifiseer is of aan moontlike gevare blootgestel word.
# Die nuutverkose burgemeester van Tshwane Nasiphi Moya het die tien lede van haar burgemeesterskomitee aangekondig, met die ANC wat 50-persent van die posisies beklee. Moya het die metro se top pos ingeneem nadat die voormalige burgemeester Cilliers Brink in ‘n mosie van wantroue uitgeskop is. Die burgemeesterskomitee bestaan uit vyf lede van die ANC, twee van die EFF en ActionSA, en een van die GOOD-party. Moya sê dienslewering, veral in die townships, is die bestuur se sleutelprioriteit:
# Vier Israelse soldate is dood en meer as 60 mense is beseer in ʼn Hizbollah-hommeltuigaanval op ʼn weermagbasis die noorde van Israel. Die Libanese militante groep sê die aanval naby die stad Binyamina is uit wraak ná Israelse aanvalle op Beiroet verlede Donderdag waarin 22 mense dood is. Die IDF sê hy sal uitvind hoe die hommeltuig die basis bereik het sonder dat ʼn alarm afgaan. Hierdie aanval volg byna twee weke nadat Israel ʼn grondaanval in die suide van Libanon uitgevoer het.
# Padwedlope: Ruth Chepngetich van Kenia het die vroue-wêreldrekord met byna twee minute verbeter by die Chicago Marathon. Die 30-jarige het ‘n tyd van twee-uur-nege-minute-en-57-sekondes aangeteken en Ethiopië se Tigst Assefa se vorige rekord oortref, wat verlede jaar in Berlyn opgestel is. Chepngetich, wat ook in 2021 en 2022 gewen het, is die eerste vrou wat deur twee-uur-en-tien-minute in die marathon breek. In die manswedloop het John Korir van Kenia ‘n persoonlike beste tyd behaal van twee-uur-twee-minute-en 44-sekondes vir ‘n oorwinning. Chepngetich sê dit is asemrowend om die wêreldrekord te verbeter:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-5-sent teen die euro en 22-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-101-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-655-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 78-dollar-4-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….