Nuus 09:00
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu sê Mkhwebane het probeer om die regering te bedrieg
# Die Inkomstediens trek die strop stywer vir belastingbetalers met kripto-bates
# En die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde ontvang meer as 170-miljoen-rand
# Cosatu verwelkom die verwerping van die vorige openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane se poging om haar oud-werkgewer te dwing om haar ‘n gunsloon van tien-miljoen rand te betaal. Die Hooggeregshof in Gauteng sê dit sal absurd wees vir Mkhwebane om ‘n einde van haar diens ‘n gunsloonbetaling te kry nadat sy onder ‘n wolk die kantoor moes verlaat. Sy is uit die Parlement verwyder minder as ‘n maand voor die einde van haar sewe-jaar, nu-hernubare termyn. Zanele Sabela van Cosatu sê sy het probeer om die staat te bedrieg met fondse wat haar nie toegekom nie.
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het kommer uitgespreek oor belastingbetalers wat nie kripto-bates en -handel in hul belastingopgawes verklaar nie. Daar was ‘n aansienlike toename in Suid-Afrikaners se gebruik van verskeie digitale geldeenhede. Meer as 5,8-miljoen Suid-Afrikaners het ʼn kripto-bate en Suider-Afrika spog met die grootste Bitcoin-besit in die wêreld. SARS-kommissaris Edward Kieswetter sê om kripto-nakoming te verseker, verbeter hy die ouditspanne se vermoë om toepassingsinisiatiewe te ondersteun.
# Die Oos-Kaapse LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid, Xolile Nqatha, het die polisie geloof vir die inhegtenisneming van ʼn verdagte in verband met die massamoord op 18 mense in Lusikisiki. Die 45-jarige Siphosoxolo Myekethe het gister in die hof verskyn. Hy staar 18 aanklagte van moord en een van besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen in die gesig. Die departement se woordvoerder, Makhaya Komisa, sê borgtog aan Myekethe moet geweier word, want hy is reeds twee keer tevore aan misdade skuldig bevind:
# Tennis: Die viermalige kampioen, Novak Djokovic, is vir die tiende keer deur na die Sjanghai Meesters se kwarteindronde. Die Serwiër het Roman Safiullin van Rusland verslaan en is op pad om sy 100ste toervlak-sege te behaal. Djokovic kom nou teen die Tsjeg, Jakub Mensik, te staan wat die Bulgaar, Grigor Dimitrov geklop het. David Goffin van België sal sake in die kwarteindronde uitspook teen die Amerikaner, Taylor Fritz, wat die tweede gekeurde Alexander Zverev van Duitsland uitgeskakel het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-62-sent teen die dollar, 19-rand-29-sent teen die euro en 23-rand-5-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-853-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-612-dollar593-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 77-dollar-15-sent per vat
# En die Nobelprys vir Letterkunde 2024 word vandag bekend gemaak, die 116de toekenning sedert 1901. Altesaam 120 pryswenners het in die verlede reeds die eerbewys ontvang met slegs 17 vroue onder hulle. Die wenner sal meer as 170-mijoen-rand ontvang. ʼn Lid van die Nobel-komitee, Heiner Linke, was intussen vol lof vir die chemie-pryswenners, David Baker, Demis Hassabis en John Jumper vir hulle hul innoverende werk oor proteïene:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….