Nuus 09:00
BULLETIN 7 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Water en Sanitasie bevestig haar verbintenis tot die gelykheid van vroue
# Die ouditeur-generaal deel oudit-insigte met parlementêre komitees
# En die drie verdagtes wat met die Phala Phala-roof verbind word, word vandag weer in die hof verwag
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het herhaal dat die emansipasie van vroue een van die departement se fokuspunte is. Sy het onlangs ‘n dialoog aangebied oor vroue in leierskap. Die doel was om voorraad op te neem oor vordering en vroue se leierskapsrol in die uitbreiding van basiese dienste, veral water en sanitasie. Die ministerie se woordvoerder, Cornelius Monama, sê vroue moet gelyke verteenwoordiging in die sektor hê:
# Die Ouditeur-generaal se spanne sal menings oor oudituitkomste aan verskeie komitees voorlê as deel van die proses vir 2024 se parlementêre begrotingshersiening- en aanbevelingsverslae. Die proses begin vandag en duur tot volgende Donderdag. Die Ouditeur-generaal se woordvoerder, Harold Maloka, sê die proses verseker aanspreeklikheid vir staatsfondse en bepaal die regering se vordering met dienslewering:
# Die saak teen drie verdagtes wat beskuldig word dat hulle buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo gesteel het, keer vandag terug na die Landdroshof in Modimolle. Die saak is in Augustus uitgestel vir die openbaarmaking van die dossier en om ‘n tolk aan te stel. Imanuwela David, wat glo die baasbrein agter die diefstal in Februarie 2020 is, is sedert sy inhegtenisneming verlede jaar in aanhouding. Hy word aangekla saam met die sibbe Froliana Joseph, wat ‘n huiswerker op die plaas was, en haar broer, Ndilinasho Joseph.
# Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies António Guterres sê die grootskaalse terreuraanval deur Hamas op Israel op 7 Oktober verlede jaar het letsels op siele gelaat. Sowat een-duisend-200 mense, meesal Israelse burgerlikes, is in die aanval dood en meer as 250 is gyselaar geneem. Ter vergelding het Israel byna 42-duisend mense in Gaza doodgemaak. Guterres sê vandag is ‘n dag waarop die wêreldgemeenskap in sy luidste stem sy uiterste veroordeling moet herhaal van die afgryslike optrede van Hamas:
# Tennis: Wêreld nommer een Jannik Sinner is na ‘n taai stryd deur na die laaste 16 van die Sjanghai Meesters. Die Italianer het teruggeveg na hy die eerste stel verloor het en Tomas Martin Etcheverry van Argentinië geklop, terwyl hy sy stryd voortsit om sy sewende titel van die seisoen te wen. Die wêreld se nommer twee-speler Carlos Alcaraz van Spanje het die promotorskeuse Wu Yibing van China geklop. Die kampioen in 2019, Daniil Medvedev van Rusland, het ‘n oorwinning behaal oor die Italianer Matteo Arnaldi.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-46-sent teen die dollar, 19-rand-16-sent teen die euro en 22-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-626-dollar-78-sent. Die prys van goud is twee-duisend-647-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-75-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….