Nuus 09:00
BULLETIN 30 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Daar is glo teenstrydighede in die minister van Justisie se leningsooreenkoms
# Die DA vra vir vinnige optrede ná die dodelike massaskietery in Lusikisiki
# En gholf: Amerika wen die Presidentebeker vir die 10de agtereenvolgende keer
# Die leningsooreenkoms waarop die minister van Justisie Thembi Simelane staatmaak om die geld te regverdig wat sy ontvang het van Ralliom Razwinane, wat van VBS-bedrog aangekla word, lyk of dit teruggedateer is. Volgens Daily Maverick en News24, is die leningsooreenkoms onderteken op 30 September 2016. Daar is egter twee agtereenvolgende paragrawe wat in die toekomstige en verlede tyd geskryf is, wat blykbaar die datum van ondertekening weerspreek. Simelane het herhaaldelik ontken daar was enige wanoptrede met die verkryging van die lening van 575-duisend-600-rand terwyl sy die burgemeester vas Polokwane was.
# ActionSA veroordeel die voortgesette, en opsetlike, afkorting van die party se naam na ASA, en sê dit is ‘n moedswillige verontagsaming van die identiteit wat die party gekies het om homself te definieer. Verlede week het die DA-veteraan Douglas Gibson na ActionSA verwys as ASA – dieselfde afkorting wat Atletiek Suid-Afrika gebruik. Lerato Ngobeni van die party sê die opsetlike wanbenaming van ActionSA is meer as net ongerieflik, dit herinner aan die pynlike nalatenskap van die land se verlede:
# Die DA eis die polisie moet ‘n multidissiplinêre span saamstel om te verseker diegene wat verantwoordelik is vir die Lusikisiki-massamoorde in die Oos-Kaap word vinnig aan die man gebring. Agtien mense, onder wie 12 vroue, is Saterdag in twee afsonderlike voorvalle doodgeskiet, tewyl ‘n twee-maande-oue baba ongedeerd is. Ian Cameron van die DA sê die tragedie is simptomaties van die stygende vlaag intimidasie, afpersing en geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika:
# Meer as 100 mense is dood sedert Orkaan Helene die staat Florida Donderdag as ‘n kategorie vier-storm getref het. Talle mense word nog vermis. Buncombe-distrik in Noord-Carolina waar 30 mense dood is, is die swaarste getref. Noodtoestande is afgekondig in Alabama, Florida, Georgia, Noord-Carolina, Suid-Carolina en Tennessee. President Joe Biden sê hy het die Federale Noodbestuursagentskap opdrag gegee om vas te stel hoe hulle vinniger hulp kan verleen aan diegene wat dit die nodigste het.
# Gholf: Span Amerika het die rekord verbeter toe hy die Presidentebeker die tiende agtereenvolgende keer opgeraap het nadat hy Span Internasionaal by die Royal Montreal-gholfklub in Kanada verslaan het. Amerika het die laaste dag met ʼn voorsprong van 11-7 begin nadat hy Saterdag ses van die agt punte gewen het. Keegan Bradley het die wenpunt beklink toe hy Kim Si-woo verslaan het. Amerika het ses van die enkel wedstryde gewen en was gelykop in drie. Bradley sê die span was ongelooflik:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-8-sent teen die dollar, 19-rand-7-sent teen die euro en 22-rand-87-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-361-dollar-31-sent. Die prys van goud is twee-duisend-655-dollar-33-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-84-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….