Nuus 09:00
BULLETIN 10 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa vra vir vroue se deelname aan leierskap
# Die polisie in Mpumalanga soek na tien verdagtes wat ‘n sersant doodgeskiet het
# En duisende betoog in Jerusalem oor Israel se Gazastad-besettingsplan
# President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners aangespoor om te verseker dat vroue ‘n sentrale rol speel in die vorming van die land se toekoms. Ramaphosa het tydens Vrouedag-vieringe in Tzaneen, Limpopo, gesê leierskap op alle vlakke, insluitend die kabinet, parlement, munisipaliteite, maatskappye en staatsondernemings, moet ten minste 50-persent vroueverteenwoordiging hê. Ramaphosa sê hy wil geslagsgelykheid hê en hy het vroue se betekenisvolle bydraes tot besluitneming en nasiebou, sowel as bydraes tot die ekonomie, geprys:
# Die polisie in Mpumalanga soek tien verdagtes wat verbind word met die moord op sersant Lawrence Mtshweni, wat gereageer het op ‘n sakeroof in Schoemansdal. Mtshweni is in die hospitaal oorlede. Sy moord volg op Vrydag se moorde op twee speurders in Roodepoort. Die SAPD bied ‘n beloning van 150-duisend rand aan vir inligting oor Jabulani Moyo, ‘n verhoorafwagtende verdagte, aangesien maksimum hulpbronne ontplooi is. Die publiek word gewaarsku dat Moyo gewapen en gevaarlik is.
# Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Nomalungelo Gina, het Afrika-universiteite aangespoor om skeppers van kunsmatige intelligensie en innovasie te word. Tydens die Universiteit van Zululand se 4de Internasionale Onderwysweek het sy die integrasie van inheemse kennis in tegnologie beklemtoon om die plaaslike kultuur te beskerm. Sy het instellings versoek om globale vennootskappe te omarm sonder om hul Afrika-identiteit te verloor. Sy sê daar is ‘n behoefte aan isiZulu KI-inhoud maar data-soewereiniteit vir Afrika se innovasie-toekoms is belangrik.
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die vakante setel as burgemeesterskomiteelid vir Vervoer behoort aan die inwoners, nie aan die Patriotic Alliance nie. Die Alliansie wil die onlangs bevestigde, 24-jarige voormalige DA-lid van die Parlement, Liam Jacobs, aanstel ná Kenny Kunene se bedanking. Hy is ook hul 2026 Tshwane-burgemeesterskandidaat . Morero het aan eNCA gesê geen besluit is nog geneem nie en hy beklemtoon dat die rol gemeenskapsbelange moet dien:
# Duisende betogers ter ondersteuning van die gyselaars het die strate van Jerusalem ingevaar en na premier Benjamin Netanyahu se woning opgeruk. Hulle is woedend oor die plan om Gazastad te beset. ‘n Voormalige soldaat, Max Kresch, wat aan die optog deelgeneem het, het aan die BBC gesê hy weier om voort te gaan om in Netanyahu se politieke oorlog te veg. Daar was optogte oral in Israel in stede soos Haifa en Tel Aviv. Israel se oorlogsplanne het veroordeling uitgelok van die VN en talle lande, insluitend die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Australië, Turkye, Duitsland, Finland en Kanada.
# En gholf: Richard Sterne van Suid-Afrika, en oornagleier, het gesukkel met ‘n vier-oor-76, wat hom tot vierde plek laat terugsak het op die derde dag van die DP Wêreldtoer Nexo-kampioenskap. Grant Forrest van Skotland het die voortou geneem met ‘n een-onder-71, wat sy totale telling op sewe-onder te staan bring. Hy het nou ‘n voorsprong van drie houe bo Engeland se Jordan Smith, wat ‘n gelykop 72 aangeteken het. Die winderige toestande by die Trump International Golf Links het die spelers uitgedaag en dit was vir talle spelers ‘n moeilike dag om punte aan te teken.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….