Nuus 09:00
BULLETIN 9 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa betuig meegevoel met Ghana na ‘n noodlottige helikopterongeluk
# Die MK-party veroordeel die regering van nasionale eenheid vir ekonomiese mislukking en korrupsie
# En rugby: Die Griekwas troef die Westelike Provinsie met ‘n bonuspunt-oorwinning
# President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel aan Ghana se president John Dramani Mahama betuig nadat ‘n helikopterongeluk die lewens van geëis het, insluitend die minister van Verdediging, Edward Omane Boamah, en die minister van Omgewing, Ibrahim Murtala Mohammed. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika dink aan die bedroefde families en spreek solidariteit uit met Ghana terwyl hulle hierdie tragiese verlies verwerk:
# Die MK-party veroordeel die regering van nasionale eenheid vir ekonomiese mislukking, korrupsie en swak regering, en noem die koalisie disfunksioneel en verraad teenoor die mense. Die party kritiseer ook die regering dat hy nie oor die 30-persent tariewe reageer het nie, wat hulle sien as straf vir Suid-Afrika se buitelandse beleid. Die nasionale voorsitter van die MK-party, Nathi Nhleko, vra vir radikale verandering om die uitdagings aan te spreek en ekonomiese geregtigheid te herstel:
Saftu sê intussen regeringsleiers het misluk om Suid-Afrika se soewereiniteit teen die aanslag van verhoogde Amerikaanse druk te beskerm. Dit volg na die instelling van 30-persent tariewe op Suid-Afrikaanse goedere. Die vakbondfederasie beskuldig die president dat hy tot die belange van die VSA toegegee het, veral met sy ondersteuning van die invoer van fossielbrandstowwe. Asive Dyani van Saftu vra vir sterker handelsbande met lande in die Suidelike Halfrond en massamobilisering om buitelandse ekonomiese beheer te weerstaan:
# Die Departement van Water en Sanitasie sal tot in die somer hoë watervlakke in die Vaaldam handhaaf, te midde van voorspellings oor matige tot minder as die gewone reënval in sentraal-Suid-Afrika. Die dam is tans op 106,3-persent kapasiteit. Die departement sê dié proaktiewe maatreël bied watersekerheid in Gauteng en in die Vrystaat. Ander belangrike reservoirs soos Bloemhof en Sterkfontein is ook meer as 99-persent vol. Owerhede versoek die publiek om, ondanks die oorvloed, water spaarsamig te gebruik as gevolg van die uitwerking van klimaatsverandering.
# En ten slotte sport nuus:
# Rugby: Die Griekwas het gister ‘n taamlik lustelose Westelike Provinsie in hul derde-ronde Curriebeker-ontmoeting in Kimberley oortuigend geklop en ‘n bonuspunt verdien. Die Griekwas het sewe drieë gedruk en die wedstryd van die begin af oorheers. Hulle het die Westelike Provinsie met 47-17 geklop nadat hulle teen rustyd met 21-7 voorgeloop het. Dit is die Westelike Provinsie se tweede nederlaag nadat hulle verlede naweek teen die Leeus verloor het. Die Griekwas bly onoorwonne met twee oorwinnings. Vanmiddag pak die Bulle, wat voorloop, die Pumas op Loftus, en die Haaie is gasheer vir die Cheetahs in Durban.
# En tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, begin vandag sy titel in die Cincinnati-ope verdedig teen die wêreld-nommer-107, Daniel Galán van Colombië. Dit is die Italianer se eerste toernooi sedert hy Wimbledon gewen het. Die tweede-gekeurde Spanjaard, Carlos Alcaraz, wat in die Wimbledon-eindstryd teen Sinner verloor het, speel ook vandag in die ronde van 64. Albei het ‘n loslootjie gehad in die eerste ronde. Die toernooi is voorbereiding vir die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar, die Amerikaanse Ope, wat die 24ste in New York begin.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….