Nuus 09:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Eskom sê sy dieselverbruik bly aansienlik laer as die verwagte syfers vir hierdie somer
# Die DA versoek minister Thembi Simelane om opsy te staan te midde van die VBS Bank-bewerings
# En, rugby: Die Wallabies glo steeds hulle kan tweede in die Rugbykampioenskap eindig
# Eskom sê dieselverbruik bly aansienlik laer as die verwagte syfers vir hierdie somer en is beduidend laer as die afgelope twee jaar. Eskom se woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsmaatskappy se besteding aan oopsiklus-gasturbines tussen 1 April en 5 September vanjaar staan steeds op 3,62-miljard-rand en het 530,01-gigawatt-uur opgewek. Dit is nagenoeg 77-persent laer as die 15,74-miljard-rand wat verlede jaar bestee is:
# Die DA versoek die minister van Justisie, Thembi Simelane, om opsy te staan te midde van bewerings oor haar betrokkenheid by ‘n twyfelagtige leningstransaksie tydens haar termyn as burgemeester van Polokwane. Die party voer aan die lening van Gundo Wealth Solutions, wat verbind word met VBS Bank, is kommerwekkend weens sy hoё rentekoerse en duistere herkoms. Woordvoerder Glynnis Breytenbach sê Simelane se posisie kan die integriteit van die regstelsel in die gedrang bring weens ʼn botsing van belange.
# Die ACDP sê hy is diep besorg oor die verslag van die Ouditeur-Generaal wat aantoon slegs 34 munisipaliteite uit 257 het skoon oudits vir 2023 ontvang. Volgens die party toon die verslag ook ongemagtigde besteding van 21-miljard-rand en sewe-miljard-rand in vermorste besteding. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, vra vir onmiddellike hervormings, verbeterde ondersteuning vir munisipaliteite, en strenger nakoming van wette oor finansiële bestuur om dienslewering en aanspreeklikheid te verbeter:
# Die pa van die 14-jarige seun van Georgia in Amerika, Colt Gray, wat van skoolmoorde aangekla word, het in ‘n Amerikaanse hof gehoor hy kan die res van sy lewe after tralies deurbring indien hy skuldig bevind word. Die 54-jarige Colin Gray staan tereg op twee aanklagte van moord in die tweede graad, vier van onwillekeurige manslag, en agt van kinderwreedheid. Twee kinders en twee onderwysers is dood in Woensdag se skietery by die Hoërskool Apalachee. Gray het na bewering ‘n vuurwapen vir Colt gegee, al het hy geweet hy is ‘n bedreiging vir homself en ander.
# En, rugby: Die Wallabies glo hulle kan steeds tweede in die Rugbykampioenskap eindig ten spyte van die twee nederlae in hulle eerste twee wedstryde teen die Springbokke. Australië speel vanaand teen Argentinië in Santa Fe nadat hulle die Pumas verlede naweek met ʼn enkele punt in La Plata geklop het. Hierna speel hulle twee keer teen die All Blacks. Suid-Afrika is tans boaan die punteleer met 14 punte, gevolg deur Nieu-Seeland met ses, Argentinië met vyf en Australië met vier. Die Bokke speel na vandag teen die Pumas weg en tuis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….