Nuus 09:00
BULLETIN 25 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Motsoaledi sê regslui wat bedrieglike mediese regseise ingedien het moet dit terugtrek
# Popcru verwerp die tweepotpensioenstelsel
# En, motorsport: Norris skop stof in Verstappen se oë en spring eerste weg by Nederlandse Grand Prix
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê sy departement het ‘n aanbod aan regslui gemaak wat wetend bedrieglike mediese regseise ingedien het, om dit binne twee weke terug te trek, sonder enige gevolge. In die Oos-Kaap is twee-duisend-500 eise ter waarde van 22,3-miljard-rand by die departement ingedien. Die minister sê indien die terugtrekking nie binne twee weke gedoen word nie, sal die aanbod verval en die Spesiale Ondersoekeenheid sal dan toeslaan:
Die Activists and Citizens-forum het intussen die minister se aanbod aan regslui wat vervalste mediese regseise ingedien het, verwerp. Net in KwaZulu-Natal is daar twee-duisend-440 mediese regseise van meer as 29-miljard-rand, terwyl Gauteng twee-duisend-450 eise van 24-miljard-rand het. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Motsoaledi bevorder korrupsie deur te sê daar sal nie enige gevolge vir regslui wees wat binnne twee weke na vore kom oor bedrieglike eise nie:
# Die polisie en gevangenesburgerregte-vakbond, Popcru, verwerp die nuwe tweepotpensioenstelsel, en kritiseer die beperkte tien-persent-saadkapitaal en die belasting-implikasies daarvan. Die vakbond betoog die stelsel, wat in September in werking tree, doen niks om werkers se finansiële nood te verlig nie, en kan lei tot onvoldoende aftreebesparings. Popcru eis ‘n hersiene stelsel wat voorsiening maak vir meer toeganklike, belastingvrye pensioen-onttrekkings.
# Die Israelse Weermag het sy aanvalle op Hizbollah verskerp. Hy sê sy vliegtuie het teikens in Libanon gebombardeer na hulle aktiwitieite waargeneem het vir die afvuur van missiele en vuurpyle op Israel. ‘n Weermagwoordvoerder, Daniel Hagari, word aangehaal wat sê hulle tree uit selfverdediging op om die bedreigings die hoof te bied. Hy voeg by Libanese burgerlikes is gewaarsku om die gebied dadelik te verlaat waar Hizbollah, ‘n Iran-gesteunde Shia-Moslemgroep, bedrywig is. Sirenes het afgegaan in die noorde van Israel om mense oor inkomende missiele te waarsku.
# En, motorsport: Lando Norris van McLaren het die eerste persoon geword om Max Verstappen uit te stof vir die voorste wegspringplek by die Nederlandse Grand Prix met ‘n verbysterende rondte deur die Brits-Belgiese renjaer. Verstappen het sy tuiswedren vir die Red Bull-span nog elke keer oorheers sedert dit in 2021 na 36 jaar weer by die Grand Prix-kalender ingesluit is. Norris se spanmaat Oscar Piastrim was derde, met George Russell van Mercedes vierde. Lewis Hamilton is in die tweede oefensessie uitgeskakel en spring twaalfde weg na ‘n fout in sy finale rondte.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….