Nuus 09:00
BULLETIN 21 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering gaan voort om sy vennootskap met die VN te versterk
# ‘n Korrektiewe Dienste -vakbond is bekommerd oor moeders in die gevangenis
# En daar word steeds gesoek na ses mense nadat ‘n luukse seiljag tydens ’n tornado sink
# Die minister vir Beplanning, Monitering en Evaluering in die Presidensie, Maropene Ramokgopa, sê die Verenigde Nasies is ‘n belangrike vennoot van Suid-Afrika wat die uitdagings en bereiking van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte betref. Die minister het bilaterale gesprekke gevoer met ʼn afvaardiging van die VN in Suid-Afrika. Die ministerie se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê die besprekings het die voortgesette samewerking en vennootskap tussen die regering en die VN bevestig:
# Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste Werkersunie versoek die Departement van Korrektiewe Dienste om sy wetlike verpligtinge na te kom om behoorlike sorg te verskaf aan moeders in gevangenskap en hulle kinders. Dit volg na die bewerings van ‘n ma in die Wesbank Korrektiewe Sentrum in Oos-Londen in die Oos-Kaap dat sy nie noodsaaklike items vir haar kind het nie. Woordvoerder, Alude Jizana, sê hulle is daartoe verbind om die menswaardigheid van gevangenes te ondersteun en die regte van hulle kinders te beskerm:
# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die ekonomiese planne wat premier Panyaza Lesufi voorgelê het, sal nie die provinsie se sukkelende ekonomie omkeer nie. Die party het gereageer op die premier se provinsiale rede. ʼn VF Plus-woordvoerder, Anton Alberts, sê Gauteng se haglike ekonomiese situasie vereis ʼn keerpunt waar bewese ekonomiese beleid onmiddellik ingestel word:
# Ses van die 22 passasiers aan boord van ʼn Britse seiljag, die Bayesian, word steeds vermis. Dit sluit die Britse tegnologie-entrepreneur Mike Lynch en sy dogter in. Die seiljag het Maandag tydens ʼn geweldige storm in die suide van Italië gesink. Amptenare sê ʼn span spesialis-duikers is besig om ʼn weg te soek na die kajuite waar hulle hoop om die liggame van die ses vermiste persone te vind. Die Italiaanse kuswag het bevestig hulle het Maandag die liggaam van die vaartuig se sjef, Recaldo Thomas, gekry.
# Sokker: Phil Foden en Khadija Shaw van Manchester City is onderskeidelik as Mans- en Vrouespeler van die Jaar aangewys. Foden het 19 doele in 35 topligawedstryde in 2023-2024 aangeteken, met City wat ‘n geskiedkundige vierde agtereenvolgende Premierliga ingepalm het. Foden was op 23 die jongste speler wat ses ligatitels gewen het. Shaw was die Vroue-superliga se voorste doelskopper met 21 doele in 18 kragmetings. Cole Palmer van Chelsea is as Jong Speler van die Jaar aangewys, met Manchester United se middelveldspeler Grace Clinton wat as beste Vrouespeler aangewys is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-78-sent teen die dollar, 19-rand-78-sent teen die euro en 23-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-251-dollar-90-sent. Die prys van goud is twee-duisend-516-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-3-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….