Nuus 09:00
BULLETIN 16 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die bestuurshoof van Prasa, Zolani Matthews word weer afgedank
# ActionSA wil dringende ingryping hê te midde van toenemende kommer oor skoolveiligheid
# En krieket: Die T20-wêreldbeker vir Vroue is dalk in gedrang weens onluste in Bangladesj
# Die spooragentskap Prasa het sy uitvoerende hoof Zolani Matthews, weer in die pad gesteek. Hy is in November 2021 afgedank, want hy het versuim om sy dubbele burgerskap te verstrek. Matthews het sy afdanking betwis, maar die afgetrede regter Robert Nugent het in 2022 beslis hy moet weer aangestel word. Prasa het die hof egter genader om die arbitrasie-beslissing tersyde te stel, maar die Arbeidshof het verlede maand ten gunste van Matthews beslis. Prasa sê hy het aan die hofbevel voldoen en pogings om ‘n aanvaarbare skikking met Matthews te bereik het misluk, wat hom geen keuse gelaat het as om die kontrak te beëindig nie.
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, Sadou, het sy oproep herhaal dat die regering in strenger veiligheidsmaatreëls by skole moet belê. Gemeenskapslede en die polisie is op ‘n gereedheidsgrondslag na geweld Woensdag by twee skole in Eldoradopark uitgebreek het. Twee leerders is in ‘n skietery by die Willow Crescent Secondary School beseer terwyl ‘n leerder by die Lancea Vale Secondary School ‘n steekwond opgedoen het. Die hoofsekretaris van Sadou, Mugwena Maluleke sê die voorvalle is kommerwekkend:
ActionSA het intussen aan die Departement van Basiese Onderwys en die polisie geskryf en gevra dat bykomende hulpbronne dadelik by die skole in Eldoradopark ontplooi word. Dereleen James van ActionSA sê ouers is met reg gefrustreerd en sonder vertroue dat hul kinders voldoende beskerm word in ‘n omgewing wat bevorderlik is vir leer:
# Vyf mense is strafregtelik aangekla in verband met die dood van die akteur Matthew Perry. Die 54-jarige ster van Friends is by huis in Los Angeles dood en ‘n nadoodse ondersoek het ‘n hoë vlak van ketamien in sy bloed gevind. Dit is ‘n verdowingsmiddel wat gebruik word om depressie te behandel of as ‘n ontspanningsmiddel. Die aanklaer vir die sentrale distrik van Kalifornië, Martin Estrada, sê die ondersoek het ‘n groot ondergrondse misdaadnetwerk van dwelmverskaffers oopgevlek wat groot hoeveelhede ketamien versprei:
# Krieket: Die Vroue T20-Wêreldbekertoernooi in Oktober kan in gedrang wees weens politieke onrus in die gasvrouland, Bangladesj. Dit volg nadat die gewese eerste minister, Sheikh Hasina, verlede week na Indië gevlug het na weke van dodelike teen-regeringsbetogings. Die Internasionale Krieketraad sê hy hou die situasie noukeurig dop. Die IKR het Indië intussen gevra om die toernooi oor te neem, maar die land se krieketowerheid het geweier weens die moeson-seisoen en omdat hy volgende jaar die Vroue Eendag-Wêreldbekertoernooi aanbied.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-98-sent teen die dollar, 19-rand-74-sent teen die euro en 23-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-977-dollar-97-sent. Die prys van goud is twee-duisend-452-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-72-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….