Nuus 09:00
BULLETIN 5 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Instituut vir Sekerheidstudies sê die konstruksiemafia doen ‘n wanvoorstelling van beleid
# Die SAKP wil hê die Nasionale Gesondheidsversekering moet onmiddellik ingestel word
# En, Kamala Harris gaan binnekort haar verkiesingsmaat aankondig
# Die Instituut vir Sekerheidstudies sê die konstruksiemafia verwring die beleid wat vir die sektor ingestel is. ‘n Misdaadkenner van die instituut, Lizette Lancaster, sê die 30-persent beskermingsfooi in die Tesourie se Voorkeurverkrygingsregulasies wil die ekonomiese transformeer om indiwidue en ondernemings te bemagtig. Die regulasies word egter wanvoorgestel deur die konstruksiemafia wat ‘n 30-persent aandeel eis om te keer die perseel word ontwrig:
# Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê die bou van ‘n sterk primêre gesondheidsnetwerk wat gesondheidsorgdienste gratis kan lewer op die plek waar dit benodig word, is noodsaaklik. Die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering is in Mei deur president Cyril Ramaphosa onderteken, wat die weg baan vir die regering om gelyke toegang tot gesondheidsdienste te verskaf en ongelykhede aan te spreek. Die SAKP sê sonder enige betekenisvolle herorganisasie van gesondheidsorgbronne uit die greep van privaat gesondheidsdienste, is daar nie enige hoop vir universele gesondheidsdekking in die land nie.
# Die tussentydse woordvoerder van die ANC Zuko Godlimpi sê die party sal oorleg pleeg oor die toekoms van die burgemeester van Johannesburg Kabelo Gwamanda sonder eksterne druk. Die reaksie volg op die leier van ActionSA Herman Mashaba se kritiek op die party vir die vertraging van Gwamanda se moontlike verwydering. Godlimpi beklemtoon die ANC sal die behoeftes van die plaaslike regering beoordeel en besluite neem gegrond op interne oorwegings, en nie op Mashaba se siening nie. Hy sê die ANC beplan om al sy strukture te betrek by die proses, waaronder Gauteng se provinsiale uitvoerende komitees.
# Die Amerikaanse vise-president, Kamala Harris, sal na verwagting haar mede-kandidaat die week bekend maak na onderhoude met moontlike kandidate die naweek gevoer is. Van die kandidate sluit in die goewerneur van Pennsilvanië, Josh Shapiro, die minister van Vervoer, Pete Buttigieg, en die goewerneur van Kentucky, Andy Beshear. Harris het amptelik genoeg stemme van Demokratiese afgevaardigdes ontvang om as die party se presidentskandidaat benoem te word . Die voormalige Republikeinse presidensiële kandidaat, Chris Christie, het aan ABC gesê Harris moet Shapiro kies:
# Olimpiese Spele: Die gemengde aflos-driekamp gaan vandag voort soos geskeduleer na die organiseerders die watergehalte van die Seinerivier getoets het. Die watergehalte van die rivier het veroorsaak dat die mans-driekamp verlede week met ‘n dag uitgestel moes word, terwyl die oefenswem vir die gemengde aflos Sondag uitgestel is. België het van die gemengde aflos-driekamp onttrek na een van sy atlete siek geword het. Onbevestigde berigte lui Claire Michele wat verlede Woensdag aan die vroue-driekamp deelgeneem het, het E coli opgedoen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-37-sent teen die dollar, 20-rand-9-sent teen die euro en 23-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 53-duisend-598-dollar-47-sent. Die prys van goud is twee-duisend-452-dollar-26-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 76-dollar-67-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….