Nuus 09:00
BULLETIN 21 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC verwelkom die Geregshof-beslissing oor Israel se besetting
# Die Black Business Federation vra Ramaphosa om die ongelykheidsbeleid te verander
# En, motorsport: Norris spring voor weg met McLaren wat voorste ry oorheers by Hongaarse Grand Prix
# Die ANC verwelkom die Internasionale Geregshof se raadgewende uitspraak dat Israel se besetting van die Wesoewer en Oos-Jerusalem onwettig is, wat sy bedrywighede in nedersettings insluit. Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula steun die beroep in die uitspraak vir die beëindiging van straffeloosheid teen Palestyne, en eis dat Israel onttrek en vergoeding verskaf. Hy herbevestig die ANC se steun vir die mense van Palestina en vra die beëindiging van die konflik:
# Die Black Business Federation moedig president Cyril Ramaphosa aan om beleid te verander wat ongelykheid volhou tussen bestaande besighede in wit besit, en klein-, medium en mikros-ondernemings wat deur swartmense besit word, of daarvan ontslae te raak. Dit volg nadat Ramaphosa se toespraak in die Parlement voorkeur gegee het aan werkskepping en armoedevermindering. Die president van die federasie Malusi Zondi sê ontluikende besighede kan nie meeding met dié met dekades se ondervinding nie. Hy beklemtoon die behoefte aan beleidswysigings om regverdige mededinging te verseker en verwelkom die voortsetting van Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogramme om inklusiewe ekonomiese groei te steun.
# Die Wes-Kaapse Departement van Water en Sanitasie monitor vinnig stygende damvlakke weens die onlangse swaar reën. Die damme sal na verwagting teen die einde van winter hulle volle kapasiteit bereik. Die provinsiale hoof Ntombizanele Bila-Mupariwa vra die publiek om vir veiligheid bedag te wees op vloedwaarskuwings. Sy sê die departement werk nou saam met munisipaliteite om watervlakke doeltreffend te bestuur:
# Besighede en dienste regoor die wêreld herstel stadig na ‘n reuse-IT-onderbreking rekenaardienste Donderdag en Vrydag ure lank ontwrig het. Maatskappye, banke, hospitale en lugrederye is onder dié wat die swaarste getref is nadat die kubersekerheidsmaatskappy CrowdStrike ‘n fout gemaak het met ‘n sagteware-opdatering wat Microsoft Windows affekteer het. Hoewel ‘n manier uitgereik is om dit reg te stel, het CrowdStrike erken dit kan lank neem voor alle stelsels weer glad werk. Die wêreldwye chaos het kommer veroorsaak oor die kwesbaarheid van tegnologie se interverbintenis, en die mate waartoe ‘n enkele sagtewarefout ‘n wydverspreide uitwerking kan hê.
# En, motorsport: Lando Norris spring vandag voor weg by die Grand Prix in Hongarye voor Oscar Piastri, met McLaren wat vir die eerste keer in meer as ‘n dekade die voorste ry oorheers. Die driemalige wêreldkampioen van Red Bull, Max Verstappen, het derde gekwalifiseer en is in die tweede ry saam met Carlos Sainz van Ferrari. Lewis Hamilton neem sy plek in die derde ry in na die vyfde vinnigste tyd, voor Charles Leclerc in die ander Ferrari. Verstappen is in die jaerskampioenskap 84 punte voor Norris aan die begin van vandag se wedren op die Hungaroring.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….