Nuus 09:00
BULLETIN 6 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming vra die aanstelling van bevoegde senior amptenare in openbare instellings
# Die Tesourie meld meer as 10-miljard-rand se onbetaalde regeringsfakture aan
# En, rugby: Die Curriebeker-Premiers-afdeling is in volle swang
# Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming vra vaartbelynde regeringprosesse en topgehalte aanstellings in senior openbare diensposisies. Direkteur Ann Bernstein kritiseer president Cyril Ramaphosa se uitgebreide kabinet, en beklemtoon groter kabinette strem besluitneming en aanspreeklikheid. Sy vra voorkeur aan ekonomiese hervorming wat die fiskale krisis hanteer, en die gebruik van openbare-privaat vennootskappe teen armoede en vir ekonomiese groei.
# Die Nasionale Tesourie sê die nasionale en provinsiale regerings het nog nie meer as tien-miljard-rand se fakture uit die 2023/24-boekjaar betaal nie. Meer as een-duisend-400 fakture is uitstaande ondanks wetgewing wat betaling binne 30 dae bepaal. Die hoofdirekteur, Moipone Ramoipone, bevestig die Departement van Justisie en van Openbare Werke as die ergste oortreders. Ramoipone noem kwessies soos fakture wat verkeerd liasseer is en kontantvloei-probleme, en beveel tugstappe en beter oorsig aan:
# Die ANC-Jeugliga in Gauteng vra die regering van provinsiale eenheid om misdaadvermindering en jeugontwikkeling eerste te stel. Die liga se sameroeper, Ntsako Mogobe, sê dis noodsaaklik om die jeug se stemme in te sluit by besluitneming en te verseker hul uitdagings kry aandag. Hy waarsku die uitsluiting van die jeug ondermyn pogings om hul bemagtiging en betrokkenheid te bevorder, wat noodsaaklik is om ‘n dinamiese en verantwoordelike administrasie te bou:
# Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker is in volle swang, met die Cheetahs wat vanmiddag die Griffons in Bloemfontein verwelkom. Môre dek Kaapstad die tafel vir die tradisionele stryd tussen Westelike Provinsie en die Bulle. Die Pumas het Griekwas gister 44-24 in Kimberley geklop, terwyl die Leeus met 26-25 oor die Haaie geseëvier het in Durban. Die eindstryd van die eeue-oue kompetisie is vanjaar op 21 September.
# En, in ‘n land wat lank oorheers is deur ‘n heersersklas wat buite verhouding in privaat skole en by die universiteite van Oxford en Cambridge onderrig is, troon die nuwe adjunk-eerste minister, Angela Rayner, uit. Die 44-jarige Rayner is ‘n voormalige versorger wat op 16 ‘n baba gehad en haar staatskool sonder veel kwalifikasies verlaat het. Sy was van ‘n jeugdige ouderdom af haar ma se versorger, terwyl haar pa meestal afwesig was. Rayner was op 37 reeds ouma en glo sy het ‘n doktorsgraad in die Lewe.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….