Nuus 09:00
BULLETIN 5 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF kritiseer die tydelike verlenging van die toegewing vir buitelandse burgers
# Die SAL gaan sy roetes met 64-persent uitbrei
# En ten minste 89 migrante verdrink nadat hul boot by Mauritanië omslaan
# Die EFF het die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, se verlenging van die tydelike toegewing aan buitelandse burgers wat op die uitslag van visum-, kwytskelding- en appèlaansoeke wag, gekritiseer. Die nuwe vervaldatum van die toegewing, wat betrekking het op buitelanders wat Suid-Afrika wettig binnegekom het, is 31 Desember. EFF-woordvoerder Leigh-Ann Mathys sê die besluit beklemtoon die DA se onvermoë en gebrek aan toewyding om werkloosheid in die land te bekamp:
# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens beplan teen April 2025 ‘n toename van 64-persent in bestemmings vanaf Johannesburg. Die tussentydse uitvoerende hoof, John Lamola, gaan nege roetes by sy huidige 14 voeg en die lugdiens beoog om sy aantal vliegtuie teen Maart 2025 met 50-persent tot 21 op te stoot. Lamola sê ten spyte van ‘n beleggerstransaksie wat ineengestort het, is die onderneming finansieel bestendig en hy het oorheersende waarborge nodig vir toekomstige groei. Hy sê die nuwe roetes word teen 2028 na Europa en die VSA beplan.
# Die GOOD-party sê hy is heftig gekant teen die 200-rand bybetaling vir aankoop-krag in die Stad Johannesburg, omdat dit ‘n onnodige las is vir verbruikers met finansiële uitdagings. Die bybetaling tree Maandag in werking bo en behalwe die tariefverhoging van 12,7-persent vir elektrisiteit. GOOD se nasionale voorsitter en raadslid in Johannesburg, Matthew Cook, sê ‘n bybetaling vir krag is belaglik wanneer inwoners reeds moet besluit of hulle kos of krag moet koop:
# Minstens 89 migrante is dood en tientalle word vermis nadat hul boot aan die kus van Mauritanië omgeslaan het. Die boot het ses dae gelede van naby die grens tussen Senegal en Gambië vertrek en was met minstens 170 migrante onderweg na Europa. Nege mense, onder wie ‘n vyfjarige meisie, is gered. Volgens ‘n 2024-verslag van die Internasionale Organisasie vir Migrante is dit uiters gevaarlik om die Atlantiese Oseaan oor te steek weens die duur van die vaart na Europa.
# Tennis: Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, het ‘n moeilike toets deurstaan en die Britse promotorskeuse, Jacob Fearnley, verslaan om Wimbledon se derde ronde te haal. Die Serwiër het die 22-jarige Fearnley met 6-3, 6-4, 5-7, 7-5 gewen. Die Amerikaner Ben Shelton het die Suid-Afrikaanse kwalifiseerder, Lloyd Harris, net-net met 4-6, 7-6, 6-7, 6-3, 7-6 geklop. Stefanos Tsitsipas van Griekeland is uitgeskakel. Andy Murray is op die hoofbaan vereer nadat hy en sy broer, Jamie, hulle eerste ronde van die mans-dubbelspel verloor het. Murray sê dit voel soos ʼn goeie einde:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-24-sent teen die dollar, 19-rand-74-sent teen die euro en 23-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 54-duisend-en-92-dollar-18-sent. Die prys van goud is twee-duisend-361-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-17-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….