Nuus 09:00
BULLETIN 30 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Sadtu sê die DA behandel die ANC soos bedelaars in die regering van nasionale eenheid
# Eskom werk aan die voortslepende probleem van netwerk-oorlading
# En, rugby: Suid-Afrika se jong spelers wys hulle staal by die Onder-20 Wêreldbeker
# Die onderwysvakbond Sadtu sê die DA behandel die ANC soos bedelaars in die regerings-onderhandelings. Die hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, sê die DA moet die opposisie wees en diegene wat die land se belange vooropstel moet die onderhandelings voortsit. Hy voeg by hulle kan nie toelaat dat markte voorskryf nie, omdat die land aan sy regmatige eienaars teruggegee moet word:
# Eskom sê met die kouer weer en gepaardgaande toename in kragverbruik, werk hy aan oplossings vir die probleem van oorlading in sekere gebiede. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kwessie kan grootliks toegeskryf word aan onwettige verbindings, vandalisme, gepeuter met meters, ongemagtigde netwerkbedrywighede, die diefstal van netwerktoerusting en die aankoop van krag van ongelisensieerde verkopers:
# ‘n Reformistiese kandidaat het Vrydag die meeste stemme in die eerste ronde van Iran se presidensiële verkiesing behaal. Masoud Pezeshkian en die ultra-konserwatiewe voormalige kernkrag-onderhandelaar, Saeed Jalili, kom komende Vrydag in ‘n volgende ronde teen mekaar te staan. CNN berig die verkiesing het die laagste stempersentasie getoon sedert die Islamitiese Republiek in 1979 tot stand gekom het. Van die 60-miljoen stemgeregtigdes het slegs 24-miljoen gestem – ‘n stempersentasie van 40. Die blitsverkiesing is gehou na die Iranse president Ebrahim Raisi verlede maand in ‘n helikopterongeluk gesterf het.
# Rugby: Suid-Afrika het die eerste dag van die Onder-20-Wêreldrugbybeker-kampioenskap met ‘n oorwinning van 57-7 teen Fidji in die Kaapstad-stadion afgesluit. Frankryk, die verdedigende kampioen, het hulle eerste wedstryd teen die nuwelinge Spanje, met 49-12 gewen. Engeland het Argentinië ingehaal om hulle aanvangswedstryd in die Athlone-stadion met 40-21 beklink, voor Australië vir Georgië met 35-11 uitoorlê het. Ierland het Italië met 55-15 oorrompel en Nieu-Zeeland het, na hulle eers goed skrikgemaak is, Wallis met 41-34 geklop.
# En, op nog ‘n positiewe noot: Die regering se sesde administrasie het vir die eerste keer in 15 jaar sy eerste hoofbegrotingsurplus behaal. Die waarnemende regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê die laaste begrotingsoorskot was voor die wêreldwye finansiële krisis in 2008. Mnukwa voeg by die prysenswaardige prestasie is bereik danksy die steun wat die Nasionale Tesourie van president Cyril Ramaphosa, die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die kabinet ontvang het, en ondanks die talle uitdagings wat die nasionale fiskus moes hanteer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….