Nuus 09:00
BULLETIN 27 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika is steeds optimisties oor die uitbreiding van AGOA
# Die Christian Forum vra vir optrede teen gedwonge inlywingskool-bywoning
# En fietsry: Die Tour de France-gunsteling Tadej Pogačar waarsku sy teenstanders
# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging is optimisties die Wet op Groei en Geleentheid in Afrika sal tot langer as sy vervaldatum van September 2025 verleng word. Die hoofdirekteur, Malose Letsolao, het tydens ‘n bespreking oor Handel en Nywerheidsbeleidstrategieë daarop gewys daar is volle steun in die Amerikaanse Kongres, wat die skema tot 2041 kan verleng. Volgens hom is die voorkeurhandelsreëling ter ondersteuning van belangrike uitvoere in landbou en vervaardiging, wat bydra tot noodsaaklike werkskepping en ekonomiese stabiliteit in die streek.
# Die Azanian People’s Organisation het die vertraging om die sewende administrasie se kabinet saam te stel, veroordeel en sê dit hou die kiesers en die nasie gyselaar. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê volgens Artikel 94 van die Grondwet bestaan die sesde administrasie se kabinet nie meer sodra die nuwe president ingehuldig is nie:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum veroordeel die ontvoering van jong mans na inlywingskole teen hul wil en teen hul ouers se wense, en noem dit ‘n ernstige menseregteskending. Hulle doen ‘n beroep op die CRL-kommissie en die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika om hierdie kwessie aan te spreek, aangesien die lewens en oortuigings van jongmense bedreig word. Die forum se president, Marothi Mashashane, dreig met regstappe indien hierdie praktyk bloot voortgaan:
# Die filantroop en medestigter van Microsoft, Bill Gates, sê kunsmatige intelligensie gaan vernuwing versnel en dit makliker maak om klimaatsverandering te beveg. In ‘n onderhoud met SkyNews waarsku hy egter dit moet deur mense met goeie bedoelings gebruik word. Hy sê kunsmatige intelligensie het tot dusver ʼn kleinerige rol gespeel om klimaatsverandering te bekamp, maar dit gaan vernuwing makliker maak. Gates sê wat klimaatsverandering betref, sal KI die modellering van smeltingsenergie soveel makliker maak.
# Fietsry: Die tweemalige Tour de France-wenner, Tadej Pogačar, [Ta-dei Po-gha-char] het sy teenstanders gewaarsku dat hy nog nooit so goed gevoel het nie. Die Sloween hoop om die eerste fietsryer sedert die legendariese Marco Pantani te word wat die Giro d’Italia en die Tour de France in dieselfde seisoen wen. Pantani het dit in 1998 reggekry. Die toer begin Saterdag in Florence en Pogačar hoop om nog ʼn oorwinning by sy 2020 en 2021 toer-seges te voeg. Die 25-jarige was die afgelope twee jaar naaswenner terwyl die Deense fietsryer, Jonas Vingegaard, met die louere weggestap het.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-42-sent teen die euro en 22-rand-94-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-en-75-dollar-63-sent. Die prys van goud is twee-duisend-300-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-25-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….