Nuus 09:00
Bulletin Inhoud
BULLETIN 24 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê hy sal ‘n opposisie bring soos nog nooit tevore nie
# Tien mense is dood en 24 beseer op die R-42 naby Delmas in Mpumalanga
# En krieket: Die Proteas is deur na die halfeindstryd van die T20 Wêreldbeker
# Die EFF sê hy gaan ‘n opposisie bring soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie: toegewyd, genadeloos en verbind tot geregtigheid en radikale ekonomiese transformasie. Die party se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê hulle neem kennis dat die ANC met die DA en Vryheidsfront Plus gaan saamwerk. Mathys sê albei partye wil ʼn koalisie met die ANC vorm om hul eie beleidsrigtings te wettig:
# Tien mense is dood toe ‘n minibus-taxi van Emalahleni en ‘n vragmotor-bus wat na Bronkhorstspruit op pad was, vanoggend op die R42 naby Delmas in Mpumalanga gebots het. Die woordvoerder van die provinsiale departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Moeti Mmusi, sê agt van die oorledenes was in die minibus-taxi en twee in die vragmotor-bus. Sowat 24 mense het ernstige beserings opgedoen:
# Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig die 75-jarige Jeremia Mmatli, een van twee mans, wat na bewering ‘n ander man by ‘n tehuis vir bejaardes vermoor het, is Donderdag in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria dood. Die Mmatli en die 92-jarige Daniel Madumo is verlede maand gearresteer na hulle na bewering die 80-jarige Godfrey Temu in die Jericho-nedersetting naby Brits in Noordwes, doodgemaak het. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê Korrektiewe Dienste is nie in ‘n posisie om die oorsaak van die dood bekend te maak nie.
# ‘n Hommeltuig-aanval deur die Israelse Weermag het die dood veroorsaak van Ayman Ratma, een van Hamas se sleutel-wapenverskaffers in die Bekaa-vallei. Die weermag beweer Ratma het gehelp om wapenvoorraad uit Libanon te kanaliseer vir Hamas en Jamaa Islamiya – ‘n tak van die Moslem-broederskap. Hulle sê hulle het Ratma geteiken weens sy betrokkenheid in die bevordering en uitvoering van terroriste-bedrywighede teen Israel in die onmiddellike toekoms, asook sy betrokkenheid by die bevordering van terreur-optrede teen Israelse burgerlikes.
# Krieket: Suid-Afrika het sy Super Agt-wedstryd teen Wes-Indië met drie paaltjies gewen. Die Proteas het die loot gewen en besluit om eerste te boul waarna die Windies 135 vir 8 in hulle 20 boulbeurte behaal het. Reën het egter spel na ‘n paar boulbeurte in Suid-Afrika se kolfbeurt onderbreek en spel is vir net meer as ‘n uur gestaak. Die Proteas is volgens die Duckworth Lewis Stern-metode ‘n teiken van 124 in 17 boulbeurte gestel. Die wenlopies het gekom van die kolf van Marco Jansen met ‘n ses van die eerste bal van die laaste boulbeurt vir ‘n totaal van 124 vir sewe. Die Proteas is deur die halfeindstryd Donderdag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen presies 18-rand teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 22-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-408-dollar-2-sent. Die prys van goud is twee-duisend-324-dollar-4-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….