Nuus 09:00
BULLETIN 12 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Patriotic Alliance sal die MK-party ontmoet oor koalisiegesprekke
# Die DA in Gauteng kritiseer die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se onderbesteding
# En president Ramaphosa betreur die afsterwe van Malawi se vise-president Saulos Chilima
# Die Patriotic Alliance sê hy ontmoet vandag met die MK-party om die uitslag van die algemene verkiesing en moontlike koalisie-ooreenkomste te bespreek. Die party het onlangs met die ANC vergader oor die voorstel van die samestelling van ‘n regering van nasionale eenheid. Die Patriotic Alliance het nege setels in die Nasionale Vergadering en nog tien setels in provinsiale wetgewers oral in die land verkry. Die party sê in sy benadering soek hy na konsensus waar moontlik en om in te stem of nie, wanneer nodig.
# Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor vloede en ysige temperature met die begin van die inlywingstydperk. Tientalle jong mans sal binne ‘n paar dae hul ontgroeningseremonies tot manlikheid begin. Die hoofsekretaris, Zolani Mkiva, het aan Newzroom Afrika die beklemtoon die seuns gesond moet wees, met voldoende komberse en verhitting. Hy sê dis belangrik om te verseker inlywingskole is veilig teen oorstromings:
# Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het klaaglik misluk om sy bestedingsteikens te haal, terwyl kwesbare inwoners steeds maatskaplike en welsynsdienste ontsê word. Volgens die vierde kwartaalverslag van die 2023/2024-boekjaar het die departement sy begroting met meer as 554-miljoen-rand onderbestee. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê die fondse kon beter aangewend word deur projekte soos organisasies sonder winsbejag te ondersteun:
# President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel met die regering en die mense van Malawi betuig na die dood van die vise-president Saulos Chilima en nege ander in ‘n vliegtuigongeluk. Die vliegtuig het vermis geraak na dit Maandag nie by die Mzuzu Internasionale Lughawe aangekom het nie. Die wrak van die vliegtuig is gister naby ‘n heuwel in die Chikangawa-woud opgespoor. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya sê die president het Chilima as ‘n jong en lewenslustige leier beskryf wat die doelwitte van sy land bevorder het:
# Krieket: Australië het vir die laaste agt van die T20 Wêreldbeker gekwalifiseer toe hy Namibië vandag in Antigua en Barbuda met nege paaltjies geklop het. Die draaibouler Adam Zampa het vier paaltjies geneem en gehelp om Namibië vir 72 uit te haal. Zampa is die eerste Australiër wat 100 paaltjies in internasionale T20-wedstryde neem. Travis Head het Australië se hoogste telling van 34 nie uit nie aangeteken voordat hulle, hul teiken in die sesde boulbeurt bereik het. Sri Lanka se deurslaggewende wedstryd teen Nepal in Florida is intussen afgelas weens swaar reën.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-56-sent teen die dollar, 19-rand-94-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-474-dollar-86-sent. Die prys van goud is twee-duisend-313-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-24-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….