Nuus 09:00
BULLETIN 30 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Tau herbevestig Suid-Afrika se verbintenis tot die sluiting van ’n Amerikaanse handelsooreenkoms
# Die IMF hou sy groeivoorspelling vir Suid-Afrika onveranderd
# En die Oos-Kaapse regering maak vordering met die hervestiging van vloedgeteisterde gesinne
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die kruispunt van geopolitieke, binnelandse en handelskwessies definieer die huidige dooiepunt tussen Suid-Afrika en die VSA die beste, en ‘n herstelling is onvermydelik. Die nuwe Amerikaanse tariewe, wat bepaal dat Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika aan ‘n 30-persent invoertarief onderworpe sal wees, tree Vrydag in werking, tensy ‘n ooreenkoms bereik kan word. Die departement se woordvoerder, Kaamil Alli, sê onderhandelinge bly die beste manier om die kwessie te hanteer:
# Die Internasionale Monetêre Fonds se groeivooruitsig vir Suid-Afrika bly onveranderd terwyl die vooruitsigte vir wêreldwye groei beter is. Die IMF het in April die land se vooruitsig van 1,5-persent in Januarie tot slegs 1,0-persent verlaag. Die fonds sê in sy jongste Wêreld Ekonomiese Vooruitsig Suid-Afrika sal vanjaar ‘n groeikoers van slegs een-persent hê en 1,3-persent in 2026. Intussen behoort die wêreldwye bruto binnelandse produk vanjaar met drie-persent te styg teenoor die 2,8-persent wat in April voorspel is.
# Die Oos-Kaapse regering sê hy maak beduidende vordering in sy pogings om die gesinne te hervestig wat deur die Junie-vloede geraak is en wat 103 mense se lewens geëis het. Hervestigingsbedrywighede is hervat in die Mnquma- plaaslike munisipaliteit in die Amathole-distrik en die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit in die OR Tambo-streek. Die woordvoerder van die provinsiale regering, Khuselwa Rantjie, sê terwyl permanente behuisingsoplossings ontwikkel word, het die regering die oprigting en toekenning van tydelike wooneenhede in hoëprioriteitsgebiede vooropgestel:
# Twee uit drie hongersnood-drumpels is in Gaza bereik wat lei tot laer voedselverbruik en erge wanvoeding. Dit is volgens die jongste Geïntegreerde Voedselsekerheid-faseklassifisering wat deur die Verenigde Nasies ondersteun word. Volgens die IPC is minstens 16 kinders jonger as vyf sedert middel-Julie in Gaza aan hongerverwante oorsake dood. Ross Smith van die Wêreld-voedselprogram sê meer as 20-duisend kinders is sedert April vir wanvoeding behandel en meer as drie-duisend is erg ondervoed:
# Sokker: Lucas Ribeiro Costa van Mamelodi Sundowns het vier eerbewyse by die Premiersokkerliga-toekennings opgeraap. Hy het weggestap met PSL Sokkerspeler van die Seisoen en Premierskapspelers se Speler van die Jaar, asook Doel van die Seisoen en Top-doelskopper van die Jaar. Miguel Cardoso is aangewys as Afrigter van die Jaar nadat hy Sundowns tot ʼn rekord van agt agtereenvolgende ligatitels gelei het. Sundowns het ook die Voorsitters-toekenning ontvang vir hul prestasie by die FIFA-klubwêreldbeker. Die Orlando Pirates-speler, Relebohile Mofokeng, is die Jong Speler van die Jaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-85-sent teen die dollar, 20-rand-63-sent teen die euro en 23-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-205-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-327-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….