Nuus 09:00
BULLETIN 20 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Departement van Verdediging verwerp Mapisa-Nqakula se versoek om bystand met haar regskoste
# FlySafair kritiseer sy mededingers Lift en Airlink omdat hulle sy vlerke probeer knip
# En Tshwane waarsku sy inwoners teen moontlike gewelddadige betogings in Pretoria-Wes vandag
# Die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se versoek dat dié departement haar regskoste betaal, verwerp. Sy staar aanklagte van korrupsie in die gesig nadat sy na bewering ‘n gunsloon van 2,5-miljoen-rand van ‘n kontrakteur geëis en ontvang het terwyl sy minister van Verdediging was. Mapisa-Nqakula is tans uit op borgtog van 50-duisend-rand. Die minister van Verdediging, Thandi Modise, sê die betrokke owerhede het die saak deeglik oorweeg:
# FlySafair het sy mededingers, Lift en Airlink, gekritiseer omdat hulle sy bedrywighede ontwrig met beskuldigings dat hy wette oor buitelandse eienaarskap verbreek. Lift en Airlink het ʼn klag oor ʼn lisensie-kwessie teen FlySafair ingedien. Hulle voer aan die laekoste-redery oortree reëls oor plaaslike eienaarskap omdat 75-persent daarvan nie in Suid-Afrikaanse besit is nie. ʼn Buitelandse belegger besit 25-persent van die lugredery. FlySafair se bemarkingshoof, Kirby Gordon, het aan City Press gesê hy kan nie sien hoe die maatskappy se buitelandse belegger dit enige mededingingsvoordeel gee nie.
# Die Stad Tshwane waarsku inwoners oor moontlike gewelddadige betogings vandag in Hercules, Pretoria-Wes. Betogers beplan glo om paaie te blokkeer en ook sakeondernemings en krag-installasies in die Hercules-gebied aan te val, insluitend die plaaslike polisiestasie. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê die beplande protesoptrede is onwettig en misdadige gedrag sal nie geduld word nie:
# Die Demokratiese Republiek die Kongo se weermag het gister ‘n poging tot ‘n staatsgreep teen die president Felix Tshisekedi afgeweer en die leier gedood en sowat 20 mense, insluitend drie Amerikaanse burgers aangekeer. Volgens berigte is die Amerikaners glo CIA-agente. Die mans het die Palais de la Nation, die kantoor van die president, beset en die huis van Vital Kamerhe, die voormalige stafhoof en noue bondgenoot van Tshisekedi aangeval. Die aanvallers word met die New Zaire Movement verbind, wat bande met die voormalige verbanne politikus, Christian Malanga, het.
# Gholf: Xander Schauffele het sy eerste Major-oorwinning behaal deur die PGA-kampioenskap met een hou in te palm. Die Amerikaners het sy landgenoot Bryson DeChambeau en Viktor Hovland van Noorweë die loef afgesteek deur 21 onder baansyfer by Valhalla in Kentucky aan te teken. Die wêreld se nommer-een, Scottie Scheffler van Amerika het gesamentlik agtste geëindig en Rory McIlroy van Ierland het die 12 plek gedeel ná ‘n rondte van vier onder 67. Shauffele het gesê hy net nie vir ‘n oomblik getwyfel oor sy vermoëns nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-72-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-180-dollar-53-sent. Die prys van goud is twee-duisend-437-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-7-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….