Nuus 09:00
BULLETIN 19 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party stel sy manifes bekend in die Orlando-stadion
# Die OVK verleng stemure in Londen
# En, rugby: Die Bulle stapel punte op in ‘n VRK-riller, en ‘n drieë-fees hou die Leeus aan die gang
# Die uMkhonto we Sizwe-party het gister sy manifes in die Orlando-stadion in Soweto bekendgestel. Duisende ondersteuners het gevra die partyleier Jacob Zuma moet weer die mag gegee word in die geloof dat hy nog ‘n politieke pad het om te loop. Die party wil die ekonomie laat herleef, maatskaplike geregtigheid versterk en sleutelsektore nasionaliseer. Die sekretaris-generaal Sihle Ngubane verwerp aantygings dat die party Zoeloe-nasionaliste is:
Die Verkiesingskommissie het intussen Suid-Afrikaners in Londen herinner aan verlengde stemure tot nege-uur vanaand, by Suid-Afrika-huis, Trafalgar-plein. Dit gebeur nadat sommige expats gekla het die OVK se kommunikasie is nie duidelik nie. Die adjunkhoëkommissaris in Brittanje, Dineo Mathlako, merk ook op 100 kiesers het Vrydag gestem weens ‘n misverstand oor die datums. Brittanje is onder 102 lande waar Suid-Afrikaanse expats die naweek stem. Londen, wat Suid-Afrika se grootste oorsese stempunt is, het ‘n spesiale twee-daagse stemkonsessie. Die oorsese stemmery eindig môre.
# Die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling Thoko Didiza veroordeel wat synoem, Thulasizwe Buthelezi se vals uitsprake oor die Ingonyama-trust. Sy beskuldig hom van die misleiding van die gemeenskap van KwaZulu-Natal. Didiza beklemtoon die trust se regsraamwerk, wat Isilo aanwys as die trustee van die grond. Sy noem Buthelezi se opmerkings onvanpas en vra die nagaan van sulke misleidende boodskappe. Didiza herbevestig haar toewyding aan die bestuur van die trust en samewerking met tradisionele leiers, en sê sy is gewillig om met alle belanghebbers te skakel.
# Rugby: Die Springbok Canan Moodie het gister ‘n driekuns behaal in die Bulle se nege drieë om Benetton met 56-35 te klop in ‘n riller van 14 drieë in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-stryd op Loftus Versfeld. Die Bulle het in die eerste halfuur ‘n bonuspunt verdien, en Benetton toe in die tweede helfte ‘n bonuspunt laat kry wat kan help om onder die topagt kwalifiseer. In nog ‘n kragmeting het die Leeus in hulle VRK -wedstryd in Johannesburg punte in die tweede helfte opgestapel vir ‘n oortuigende 44-21-oorwinning oor Glasgow Warriors.
# En, om mee af te sluit: Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis vra gebede vir die families van die elf vissermanne wat nog ter see vermis word nadat ‘n treiler Vrydag gesink het. Die Nasionale Seereddingsinstituut en ander reddingsdienste soek steeds na die vermiste vissermanne. Die NSRI het bevestig nege van hulle kollegas is vroeër gered en na veiligheid gebring. Hill-Lewis sê die stad sal steeds steun bied en bly hoop op goeie nuus:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….