Nuus 09:00
BULLETIN 16 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die voorkoms van nuwe partye word beskou as ‘n belangrike stap vir die komende verkiesing
# Cosatu sê die gesondheidsorgstelsel het die NGV nodig
# En, vandag is die Internasionale Dag van Lig
# Die opkoms van nuwe politieke entiteite, insluitend onafhanklike kandidate, gedurige onsekerheid en ‘n oproep vir verandering en ekonomiese herlewing, beklemtoon die belangrikheid van die verkiesing op 29 Mei. Dit is die siening van professor Theo Neethling van die Universiteit van die Vrystaat. Die verwagting is dat die ANC se steun tot onder 50-persent in die verkiesing gaan daal. Hy sê die dae is verby dat die ANC geen ernstige politieke mededingers by die stembus het nie met nuwe partye wat aan die verkiesing gaan deelneem en met die meer gevestigde opposisiepartye gaan meeding.
# Die African Transformation Movement het die bekragtiging van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering verwelkom en sê gehalte-gesondheidsorg vir almal is noodsaaklik. Die regering belowe die NGV gaan beter mediese dekking vir alle landsburgers verseker. Sommige opposisiepartye en organisasies dreig reeds met regsoptrede. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê toegang tot gehalte-gesondheidsorg is ‘n basiese mensereg:
Cosatu sê intussen hy bly oortuig Suid-Afrika se magdom gesondheidsorg-krisisse het ʼn Nasionale Gesondheidsversekering nodig. President Cyril Ramaphosa het die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering gister by die Uniegebou bekragtig. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die regering moet vinnig hulpbronne voorsien en ʼn gehalte-NGV bou wat gehalte, toeganklike en bekostigbare universele gesondheidsdekking aan alle landsburgers verskaf:
# Sokker: Manchester United, Chelsea en Newcastle is steeds in die wedloop om vir die Europese Conference League te kwalifiseer met die eindstryd van die Premier-liga op hande. United het Newcastle met drie- twee verslaan, terwyl Chelsea met twee- een teen Brighton gewen het om na die sesde plek op die puntetabel op te skuif. ‘n Vyfde of sesde plek sou aan Chelsea ‘n plek in die volgende seisoen van die Europa-liga besorg, terwyl ‘n sewende plek slegs goed genoeg is vir die Europese Conference League. United, wat nou agtste lê, kan vir die Europese liga kwalifiseer as hulle Manchester City in die eindstryd van die FA Cup klop.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-26-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 23-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-948-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-391-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-10-sent per vat.
# En ten slotte, dis vandag Internasionale Dag van Lig en ʼn geleentheid om te besin oor die vele maniere waarop lig ons daaglikse lewens beïnvloed. Die dag vier die rol van lig in wetenskap, kuns en kultuur, onderwys, volhoubare ontwikkeling, en uiteenlopende velde soos medisyne, kommunikasie en energie. Die VN se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur sê lig en kennis gaan hand aan hand. Dis ʼn lens waardeer die wêreld gesien en verstaan word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….